Hyg­ge: Leer by die S­we­de

Die Ad­do­o­li­fant­park is een van die ju­we­le van Suid­A­fri­ka se na­si­o­na­le par­ke en vol ver­ras­sings vir na­tuur­lief­heb­bers.

Beeld - - Voorblad - ANJE RAUTENBACH @An­jeRau­ten­bach

Op Port E­li­za­beth se voor­stoep, en selfs by haar ag­ter­deur, staan die Ad­do-o­li­fant­park bre­ë­bors van kop tot stert in groen spek­bo­me ge­tooi.

Ver­le­de jaar se stof en yl plan­te is iets van die ver­le­de, die veld we­mel van dik­pens koe­does en se­bras wat al lê­end eet. Vlak­var­ke flan­keer met die ka­me­ra, bou­de in die lug, knieë op die grond en snoet in die aar­de.

Dank­sy die toe­gank­lik­heid van die park is Ad­do vir die in­wo­ners van Port E­li­za­beth ’n vin­ni­ge na­week­weg­breek of selfs som­mer ’n dag­be­soek. Die een oom­blik ry jy nog uit die stad op ’n dub­bel­baan­snel­weg en die vol­gen­de oom­blik staan ’n o­li­fant­bul en bou­de swaai in die pad voor jou.

Baai­e­naars en ge­reel­de be­soe­kers ken die park op ’n eer­ste­naam­ba­sis en praat som­mer net van “Ad­do”. Die pad­kaart en die bor­de langs die pad ver­wys eint­lik net na die dorp met die­self­de naam.

Die Baai­e­naars is trots op hul buur­man. Hul­le spog gou by be­soe­kers dat jy hiér nie net die Groot Vyf kry nie, maar ook die “groot se­we”: leeu, lui­perd, o­li­fant, buf­fel, re­nos­ter, groot­wit­haai en die sui­de­li­ke noor­kap­per (wal­vis).

Die laas­te twee van die “groot se­we” lok ge­woon­lik groot fron­se uit. Om dit te ver­staan is dit be­lang­rik om te weet dat die Ad­do-o­li­fant­park se gren­se veel wy­er lê as wat selfs die ge­reel­de be­soe­ker dink. Ad­do, meer as net sy o­li­fan­te Weens die ge­skie­de­nis van o­li­fant­jag vir i­voor in die vroeë 1700’s was daar slegs 11 o­li­fan­te oor toe die a­rea van ’n bie­tjie meer as 2 000 ha in 1925 tot ’n amp­te­li­ke na­si­o­na­le park ver­klaar is.

In 1978 het die eer­ste toe­ris­te deur die park se hek­ke ge­ry toe die o­li­fant­be­vol­king on­ge­veer 100 was. Van­dag is daar meer as 600 o­li­fan­te. Al­les en ’n bie­tjie meer As Suid-A­fri­ka se der­de groot­ste na­si­o­na­le park be­staan hier­die Oos-Kaap­se me­neer uit meer as 178 000 ha van nie net veld­pa­ra­dys nie, maar ook bos­pa­ra­dys en ’n see­pa­ra­dys wat oor vyf van Suid-A­fri­ka se se­we bi­o­me strek en ’n 80 km lan­ge strook van on­ge­rep­te sand­dui­ne in­sluit.

Of jy nou jou kop ag­ter­oor wil gooi al soe­kend na die rooi flits van ’n Knys­na-loe­rie se vler­ke, of jy wil er­vaar hoe ’n leeu ’n koe­doe plat­trek of as jy graag ’n wag­ge­len­de pik­ke­wyn in le­wen­de ly­we wil sien – hier­die park het dit al­les en selfs ’n bie­tjie meer. Sy di­ver­si­teit stop ook nie by sy fau­na en flo­ra nie.

Die om­ge­wing van Ad­do is ook ’n mek­ka vir a­von­tuur­lus­ti­ges op hul berg­fiets­roe­tes en daar is diep don­gas vir 4x4gees­drif­ti­ges in die Ka­bou­ga-ge­bied, ’n wan­del­pad of twee vir die dap­per stap­pers by Zuur­berg, as­ook wil­drit­te te perd saam met ’n veld­wag­ter wie se goeie raad han­dig te pas kom wan­neer om­draai nie meer ’n op­sie is nie. Soos: “As ons ’n leeu sien, is dit be­ter om van die perd af te klim om dit min­der in­ti­mi­de­rend vir die roof­dier te maak.”

As ons ’n leeu sien, is dit be­ter om van die perd af te klim om dit min­der in­ti­mi­de­rend vir die roof­dier te maak.

Fo­to’s: ANJE RAUTENBACH

Ad­do is na­tuur­lik si­no­niem met o­li­fan­te.

’n Rooi­hart­bees do­ring tus­sen die blom­me.

Par­man­ti­ge vlak­var­ke is ook in­wo­ners van Ad­do.

’n Ma­je­stu­eu­se koe­doe­bul meen die pad is sy­ne.

Ad­do spog met die Groot Vyf, so ver­wag om prag­ti­ge maan­ha­re soos dié te sien.

Die ge­leent­heid om speel­se o­li­fan­te dop te hou is deel van die be­to­we­ring van Ad­do.

Dis we­lig groen by die Lan­ge­bos­hut­te by Woody Ca­pe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.