Su­perS­port ‘steek Hou­gaard nie in die pad’

Beeld - - Voorblad - Ja­na B­rey­ten­bach

Su­perS­port het De­rick Hou­gaard nie in die pad ge­steek as rug­by­kom­men­ta­tor nie, want hy was nooit heel­tyds in dié groep ka­na­le se diens nie, en sy be­we­ring dat ’n mi­nis­ter oor hom ge­kla het, is on­waar.

Vol­gens C­lin­ton van den Berg, Su­perS­port se woord­voer­der, is Hou­gaard nog al­tyd op vry­skut­grond­slag ge­bruik. “Soos met al Su­perS­port se vry­skut­te be­sluit ons na goed­dun­ke of ons De­rick op die lug ge­bruik of nie.”

Hy sê Su­perS­port het nie ’n be­sluit na die een of die an­der kant toe ge­neem oor die ge­bruik van Hou­gaard as kom­men­ta­tor nie.

Hou­gaard het die na­week op Facebook ge­skryf oor die re­de waar­om hy die laas­te paar maan­de nie meer ’n pa­neel­lid in Ko­bus Wie­se se pro­gram Su­per­rug­by is nie. Hy praat nou eers daar­oor “om­dat men­se ge­reeld vra wat ge­beur het”, skryf hy.

Hou­gaard sê hy het ’n paar uit­la­tings op T­wit­ter oor trans­for­ma­sie ge­maak, spe­si­fiek oor die “ne­ga­tie­we im­pak wat dit op die Suid-A­fri­kaan­se rug­by­struk­tu­re kan hê”.

Vol­gens hom het hy nie uit­ge­wei daar­oor nie en het hy na sko­le­rug­by ver­wys, nie na die S­pring­bok­ke nie: “’n Spring­bok ver­dien om vir sy land te speel.”

Vol­gens Hou­gaard het ’n mi­nis­ter in re­ak­sie op sy uit­la­tings ’n e-pos­bood­skap aan Su­perS­port ge­stuur en ge­vra dat hy van die ka­naal ver­wy­der word. Hou­gaard sê nie wie dié mi­nis­ter is nie.

Van den Berg sê daar was glad nie so ’n klag­te nie.

Hou­gaard sê sy be­doe­ling was goed om­dat hy al­mal se ag­ter­grond ver­staan, maar “as jy heel bo ge­speel het, sien jy niks an­ders as ta­lent nie”.

Hy sê hy hou by wat hy oor trans­for­ma­sie in sport ge­twiet het. “Dit is net ’n jam­mer­te dit het my my werk ge­kos,” het hy op Facebook ge­skryf.

Om as kom­men­ta­tor vir Su­perS­port te werk, het baie na­tuur­lik ge­kom, sê Hou­gaard. “My lief­de vir die han­dels­merk en werk het ge­groei. Ek het saam met ge­nieë, le­gen­des en on­ge­loof­li­ke men­se ge­werk.”

Fo­to: DEAAN VIVIER

De­rick Hou­gaard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.