Bran­der­plank­ry­ers groet vriend

Beeld - - Voorblad - Ja­na B­rey­ten­bach

Ter­wyl fa­mi­lie en vrien­de rou oor die dood van Aus­tin Wes­son en Re­be­kah Bou­ma ’n dag na­dat hul­le ge­troud is, is hul ou­ers be­sig om be­graf­nis­se in A­me­ri­ka te re­ël.

Wes­son (19), ’n Suid-A­fri­kaan­se sen­ding­wer­ker, en Bou­ma (19), sy A­me­ri­kaan­se vrou, was net so­wat 24 uur ge­troud toe hul­le ver­on­ge­luk het.

Die eg­paar is ná ’n war­rel­windro­man­se ver­le­de Vry­dag in die hof in Kan­sas in A­me­ri­ka ge­troud.

Die vol­gen­de dag, na­by C­le­ar­wa­ter, waar Bou­ma se ou­ers woon, het hul voer­tuig die pad ver­laat en ’n boom ge­tref.

Wes­son is op die to­neel dood en Bou­ma het Maan­dag in ’n hos­pi­taal in Wi­chi­ta ge­sterf.

Bou­ma het Wes­son vroe­ër van­jaar in Jef­freys­baai ont­moet toe sy op ’n sen­ding­uit­reik was.

Wes­son is van Vis­hoek en het bran­der­plank­ry in Mui­zen­berg af­ge­rig.

Die paar­tjie het be­plan om op 30 Sep­tem­ber ’n gro­ter hu­we­lik­se­re­mo­nie te hou wan­neer Wes­son se fa­mi­lie by hul­le in Kan­sas kon aan­sluit.

Wes­son se ou­ers is Don­der­dag A­me­ri­ka toe.

Ja­son Cor­dier, sy bes­te vriend, is in­der­haas na A­me­ri­ka op pad om sy be­graf­nis by te woon.

“Hy was soos ’n broer vir my,” sê Cor­dier.

Hy sê hy het Wes­son in 2016 ont­moet toe hul­le sen­ding­werk ge­doen het.

Hul­le het saam na 11 lan­de ge­reis.

Woens­dag het vrien­de en fa­mi­lie op Mui­zen­berg se strand by­me­kaar­ge­kom om ’n ge­denk­diens vir Wes­son te hou.

Bran­der­plank­ry­ers het ’n sir­kel in die see ge­vorm en blom­me op die wa­ter ge­strooi om Wes­son te groet.

Gis­ter is nog ’n diens op Vis­hoek se strand ge­hou.

Jen­ny Gold­hawk-S­mith, ’n woord­voer­der van die Wes­sons, het be­ves­tig die be­graf­nis vind Dins­dag plaas en ’n diens word om 20:30 by Vis­hoek se Ful­lies­kerk ge­hou.

Fo­to: JEN­NY GOLD­HAWK­S­MITH

Marck Koch, een van Wes­son se bes­te vrien­de, word ge­troos.

Aus­tin Wes­son en Re­be­kah Bou­ma kort voor­dat hul­le ge­trou het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.