Vrou­e­wer­kers loop glo deur on­der Ma­na­na

DA gaan hom ver­kla by die ge­slags­kom­mis­sie

Beeld - - Voorblad - L­le­wel­lyn P­rin­ce

M­du­du­zi Ma­na­na, ad­junk­mi­nis­ter van ho­ër on­der­wys en op­lei­ding, gaan weens sy be­weer­de mis­han­de­ling van sy vrou­e­werk­ne­mers ook by die Kom­mis­sie vir Ge­slags­ge­lyk­heid ver­kla word.

Die DA gaan dié stap doen na­dat Sun­day Ti­mes gis­ter ont­hul het hoe Ma­na­na van sy per­so­neel­le­de glo ge­dwing het om vir hom en sy vrien­de in sy huis kos te be­rei en hul­le te be­dien.

Hy het glo ook sy ge­we­se se­kre­ta­res­se met sel­fo­ne en dag­boe­ke ge­gooi en as straf in die mid­der­nag­te­li­ke ure in die Kaap­se win­ter bui­te sy woon­stel laat sit. Per­so­neel­le­de is glo ook ver­baal mis­han­del en ge­klei­neer.

Ma­na­na is op borg­tog van R5 000 vry­ge­laat na­dat hy Don­der­dag op twee aan­klag­te van aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer in die land­dros­hof in Rand­burg ver­skyn het. Dit spruit uit ’n voor­val ver­le­de week waar­in hy na be­we­ring twee vroue in ’n nag­klub in Jo­han­nes­burg aan­ge­rand het. ’n Vi­deo daar­van is wyd op so­si­a­le me­dia ver­sprei.

Hlo­me­la Bu­cwa, DA-LP en lid van die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ho­ër on­der­wys en op­lei­ding, het Ma­na­na se be­weer­de be­han­de­ling van sy vrou­e­kol­le­gas gis­ter as niks an­ders nie as “bla­tan­te en sek­sis­tie­se mis­han­de­ling” be­skryf.

“Dit is on­houd­baar dat ie­mand in sy po­si­sie met die be­weer­de mis­han­de­ling van sy werk­ne­mers weg­kom.

“Die DA gaan dié be­we­rings daar­om by die Kom­mis­sie vir Ge­slags­ge­lyk­heid aan­meld en die kom­mis­sie ver­soek om aan­be­ve­lings oor ge­pas­te ver­de­re stap­pe daar­oor aan die par­le­ment en die Men­se­reg­te­kom­mis­sie te doen.

“Dit word al hoe dui­de­li­ker dat Ma­na­na ’n be­drei­ging in­hou en geen re­spek vir vroue het nie. Hy be­han­del hul­le as min­der­waar­di­ge men­se.”

In­tus­sen het Lie­zl van der Mer­we, IVP-LP, en T­hem­be­ni KaMad­lopha-Mt­hethwa gis­ter na­mens die IVP se Vrou­e­bri­ga­de ge­sê Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling en pre­si­dent van die ANC-vrou­e­li­ga, het haar amps­eed ver­breek deur aan Sun­day Ti­mes te sê sy glo nie daar moet teen Ma­na­na op­ge­tree word nie “om­dat baie an­der re­ge­rings­lei­ers en -be­amp­tes aan erns­ti­ger mis­da­de as hy skul­dig is”.

“Dla­mi­ni het dui­de­lik ver­geet dit is haar ver­ant­woor­de­lik­heid as mi­nis­ter en hoof van die re­ge­ring se ge­slags­ge­gron­de pro­gram­me teen ge­weld om te ver­se­ker dat al­le oor­tre­ders ge­ï­den­ti­fi­seer, aan­ge­keer en suk­ses­vol ver­volg word.

“Dit is ook nou dui­de­lik dat haar rol as pre­si­dent van die ANC­vrou­e­li­ga, waar sy ont­plooi word om al­le soor­te im­mo­ra­li­teit in die ANC te ver­de­dig, haar on­ge­skik maak om mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling te wees.”

Van der Mer­we en KaMad­lop­haMt­hethwa het ver­soek dat p­res. Ja­cob Zu­ma Dla­mi­ni en Ma­na­na as mi­nis­ters af­dank as hy erns­tig is om die kri­sis van die ge­weld teen vroue en kin­ders in die land op te los.

Fo­to: LEON SADIKI

M­du­du­zi Ma­na­na ver­laat die land­dros­hof in Rand­burg Don­der­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.