Haar le­we be­dreig, maar K­ho­za sê sy sal aan­hou

Beeld - - Nuus - Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

“Ek is ’n mens van vlees en bloed en my kin­ders is vir my al­les. As daar een ding is wat my breek, is dit die pyn waar­deur my kin­ders gaan, maar ek sal nie op­hou nie, ek sal nie op­hou nie,” het ’n be­traan­de Mak­ho­si K­ho­za, ANC-LP, aan ver­slag­ge­wers ge­sê.

K­ho­za het Sa­ter­dag in Jo­han­nes­burg op die jaar­kon­gres van die Me­nell Me­dia Ex­chan­ge van die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg se joer­na­lis­tiek­de­par­te­ment ge­sê sy vlug voort­du­rend.

Haar en haar fa­mi­lie se le­we word be­dreig om­dat sy haar teen die pre­si­dent uit­ge­spreek het.

Klag­te van wan­ge­drag staar K­ho­za in die ge­sig om­dat sy an­der ANCLP’s ge­werf het om die op­po­si­sie se mo­sie van wan­troue in p­res. Ja­cob Zu­ma te steun en sy haar teen die ANC uit­ge­spreek het.

Sy het na be­rig word ge­sê die­ge­ne wat juig om­dat die mo­sie nie ge­slaag het nie, is aan die ver­keer­de kant van die ge­skie­de­nis.

Ter­wyl K­ho­za haar weer daar­toe ver­bind het om te veg vir wat reg is, het ANC-le­de in die Vry­staat Sa­ter­dag af­val­li­ges se kop ge­ëis.

Op ’n ka­der­ver­ga­de­ring in Pa­rys het le­de aan Zu­ma ge­sê die ANCLP’s wat die op­po­si­sie se mo­sie on­der­steun het, moet in die pad ge­steek word.

‘‘

LP’s wat die op­po­si­sie se mo­sie Dins­dag ge­steun het, het ’n op­drag van G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris­ge­ne­raal, ver­ont­ag­saam.

— P­RES. JA­COB ZU­MA

Zu­ma het op die ver­ga­de­ring ge­sê ANC-amp­te­na­re ver­ga­der van­dag om die af­val­li­ge LP’s se lot te be­spreek.

Vol­gens die pre­si­dent sal die ANC-grond­wet as rig­lyn dien oor hoe daar op­ge­tree sal word teen LP’s wat die par­ty nie ge­hoor­saam het nie.

Vol­gens Zu­ma het die LP’s die par­ty se re­pu­ta­sie er­ge ska­de be­rok­ken en sal hul­le dalk voor die ANC se tug­ko­mi­tee moet ver­skyn.

Hy sê LP’s wat die op­po­si­sie se mo­sie Dins­dag ge­steun het, het ’n op­drag van G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris-ge­ne­raal, ver­ont­ag­saam. Die op­drag om die par­ty se man­daat ge­stand te doen is voor die mo­sie­de­bat op ’n kou­kus­ver­ga­de­ring ge­gee.

Ace Ma­gas­hu­le, Vry­staat­se pre­mier, het op die­self­de ver­ga­de­ring in Pa­rys ’n be­roep op af­val­li­ge LP’s ge­doen om te be­dank om­dat hul­le weens in­ter­ne kon­flik in die par­ty nie die ANC se grond­wet na­ge­kom het nie.

Dr. Mak­ho­si K­ho­za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.