Ra­de­be: ‘ ’n Paar wit­tes be­heer SA e­ko­no­mie’

Beeld - - Nuus -

Suid-A­fri­ka se e­ko­no­mie is “in die han­de van ’n paar wit men­se, hoof­saak­lik mans” en die vol­gen­de stap is ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie.

Só sê Jeff Ra­de­be, mi­nis­ter in die pre­si­den­sie, wat Sa­ter­dag ANC-le­de in Port S­heps­to­ne, K­waZu­lu-Na­tal, toe­ge­spreek het.

“Die mees­te van ons men­se het nog nie e­ko­no­mies ge­vor­der nie. Baie swart men­se is uit­ge­sluit. Ons land se e­ko­no­mie is in die han­de van ’n paar wit men­se, hoof­saak­lik mans. Dis is hoe­kom ons nie hui­wer as ons sê ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie is in hier­die land no­dig nie,” het Ra­de­be ge­sê.

De­mo­kra­tie­se en po­li­tie­ke vry­heid is al be­haal, en die vol­gen­de stap is om die e­ko­no­mie te trans­for­meer “so­dat dit in die han­de van die mees­te swart men­se, die jeug, die­ge­ne in plat­te­land­se ge­bie­de en vroue kan wees”.

“Hier­voor moet ons al­les in die stryd werp,” het hy ge­sê. “Dit gaan oor ra­di­ka­le maat­skap­lik-e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie.”

Hy het ge­sê hoe­wel die ANC-re­ge­ring se­dert 1994 groot vor­de­ring ge­maak het, is men­se on­te­vre­de oor die ge­brek aan trans­for­ma­sie in die e­ko­no­mie.

“Om­dat ons nie die e­ko­no­mie ra­di­kaal kon trans­for­meer so­dat dit die mees­te Suid-A­fri­ka­ners be­voor­deel nie, het dit groei be­lem­mer, on­ge­lyk­heid ver­er­ger en die uit­slui­ting en mar­gi­na­li­se­ring van die mees­te van ons men­se laat voort­duur. Dit kan nie so aan­gaan nie,” het hy ge­sê.

Ra­de­be, wat een van die kan­di­da­te is om p­res. Ja­cob Zu­ma aan die ein­de van jaar as lei­er van die ANC op te volg, het ook daar­na ge­skimp dat hy ge­reed sou wees om hier­die rol te ver­vul: “Soos ek van­dag voor jul­le staan, sê ek dat ek ge­reed staan om te dien, ge­reed om my moue op te rol en ge­reed om die ver­skil te maak wat ons wil hê,” het hy ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.