Rug­by­wed­stry­de ge­staak oor er­ge loe­sings

Beeld - - Nuus - Mar­nus Kok

Die rug­by­di­rek­teur van G­rey­kol­le­ge in Bloem­fon­tein het die na­week min­stens vyf rug­by­wed­stry­de ge­staak wat tus­sen sy skool en G­len­wood High van Dur­ban ge­speel is om­dat G­len­wood erg deur­ge­loop het.

Die Bloem­fon­tei­ners het ne­ge hon­derd­tal­le en een dub­be­le hon­derd­tal teen G­len­wood op­ge­sta­pel.

G­rey se groot­ste hon­derd­tal­le is deur die o.15D-span (221-0), se­wen­de span (164-0), ses­de span (152-0), o.16C- en o.16D-span (150-0 – die C-span het die een helf­te en die D-span die an­der helf­te ge­speel) en die vier­de span (147-0) be­haal.

G­len­wood se o.15A-span het G­rey wel met 27-24 ge­klop.

Wes­sel du P­les­sis, G­rey se di­rek­teur van rug­by, gee toe dat wed­stry­de met sul­ke tel­lings ver­ne­de­rend vir die ver­loor­ders sal wees.

“Van die (G­len­wood-) spe­lers het net op die veld ge­staan en ge­wei­er om ver­der te speel,” sê Du P­les­sis.

Hy was langs die A-veld en het vyf wed­stry­de wat op dié veld be­slis is in oor­leg met G­len­wood se hoof laat staak.

“As ek langs die veld was waar die 200-tal aan­ge­te­ken is, sou ek dit be­slis ook vroe­ër stop­ge­sit het.”

Die helf­tes op o.14- en o.15vlak is 25 mi­nu­te lank en op o.16-vlak 30 mi­nu­te. Die o.19’s speel ge­woon­lik 30 mi­nu­te aan ’n kant, be­hal­we die eer­ste en t­wee­de s­pan­ne, wat ge­woon­lik 35 mi­nu­te per helf­te speel.

In die Vry­staat-sko­le­li­ga geld ’n re­ël dat wed­stry­de stop­ge­sit word so­dra daar ’n pun­te­ver­skil van 50 is. Maar om­dat dié wed­stry­de nie in die Vry­staat-sko­le­li­ga be­slis word nie, geld dié re­ël nie, sê Du P­les­sis.

’n Rug­by­ad­mi­nis­tra­teur het by na­vraag ge­sê hy is ten guns­te daar­van dat al­le sko­le­rug­by­wed­stry­de stop­ge­sit word so­dra ’n se­ke­re tel­ling be­reik word.

“Hoe moet daar­die spe­lers voel as hul­le vol­gen­de week by die oe­fe­ning op­daag? Hul­le gaan rug­by eer­der los as om weer ver­ne­der te word.”

G­rey se eer­ste span het G­len­wood met 83-10 ge­klop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.