Cas­ter: Aan­han­gers kap B­rit­se bit­ter­bek

Beeld - - Nuus -

’n Bek­ge­veg het ont­staan tus­sen tal­le Suid-A­fri­ka­ners en Ka­tie Hop­kins, ’n ru­briek­skry­wer van die B­rit­se po­nie­koe­rant Dai­ly Mail, oor haar sne­di­ge aan­mer­kings oor Cas­ter Se­me­nya, be­rig EWN.

Se­me­nya het gis­ter­aand aan die eind­ron­de van die 800 m op die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) se Wê­reld­by­een­koms in Lon­den deel­ge­neem.

Sy het ver­le­de week die brons­me­dal­je in die 1 500 m ge­wen.

“Cas­ter Se­me­nya is daar om die wê­reld te wys hoe om ’n wa­re vrou­e­kam­pi­oen te wees. Al wat no­dig is, is tes­tos­te­roon­vlak­ke drie keer so hoog as wat in vroue ver­wag word as ge­volg van hi­per-an­dro­ge­nis­me, geen baar­moe­der of ei­er­stok­ke en in­ter­ne tes­tes as ge­volg van ’n chro­mo­so­ma­le ab­nor­ma­li­teit,” skryf Hop­kins.

Sy maak ook mel­ding van die at­leet se troue met ’n vrou en dat sy “as ’n man” ge­klee was.

“Tog, vreemd ge­noeg, hier op die baan i­den­ti­fi­seer Se­me­nya as ’n vrou.” Tal­le Se­me­nya-on­der­steu­ners het met woe­de op Hop­kins se twiet ge­re­a­geer. Way­ne Hart, ’n om­roe­per van ’n ra­di­o­sta­sie in Port E­li­za­beth, het op T­wit­ter ge­skryf: “Jy is ’n be­mar­kings­ma­sjien vir haat!” Ai­leen Quinn het ge­twiet: “Wan­neer ’n man bi­o­lo­gies u­niek (#U­sai­nBolt) is, is hy su­per­mens­lik; wan­neer dit ’n vrou (#Cas­terSe­me­nya) is, is sy ’n ‘man’.”

Ja­mes Marsh het ge­sê hy ver­staan nie die bo­haai oor Se­me­nya nie. “Haar lig­gaam maak haar na­tuur­lik be­ter as an­der . . . die­self­de vir e­ni­ge kam­pi­oen.” Be­ver­ly Cos­slett het ge­re­a­geer: “Sy ver­dien al die ge­luk in die wê­reld. SuidA­fri­ka­ners on­der­steun haar hu­we­lik met wie sy ook al lief het.” In­tus­sen het Se­me­nya Sa­ter­dag ’n in­spi­re­ren­de aan­ha­ling op T­wit­ter ge­plaas vir on­der­steu­ners wat haar ver­soek het om gis­ter net haar bes­te te gee.

“Jy kan nie el­ke si­tu­a­sie be­heer nie, maar jy kan jou hou­ding en hoe jy dit han­teer be­heer.”

Cas­ter Se­me­nya

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.