Kuns­ga­le­ry op brug in­ge­rig

Ma­pun­gub­we­werke word hier uit­ge­stal

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl en Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Nu­we baken in P­re­to­ri­aOos – ’n brug met ’n kuns­ga­le­ry daar­op – het Sa­ter­dag oor Lynn­wood­weg be­gin verrys.

Die brug­ga­le­ry sal ’n ver­len­ging van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP) se oor­spronk­li­ke Tuk­kielaan oor die be­si­ge pad wees. Dit ver­bind die UP se Hat­field- en Suid-kam­pus.

Die brug is ook deel van die Ja­vett-UP-kuns­sen­trum, wat ein­de 2018 op die Suid-kam­pus vol­tooi be­hoort te wees.

’n Deel van Lynn­wood­weg is Sa­ter­dag en Son­dag vir ver­keer ge­sluit so­dat twee reu­se-hys­kra­ne se­we be­ton­bal­ke vir die brug oor die pad kon plaas.

Dit sal ses maan­de duur om die brug – wat van 550 m³ be­ton ge­maak word – na­by die UP se hoof­in­gang te bou.

Die UP sê in ’n ver­kla­ring die ont­wik­ke­ling lui ’n nu­we era vir die be­wa­ring van en on­der­rig in kuns in A­fri­ka in.

Die UP se aan­bie­ding van ’n mees­ters­graad in die be­wa­ring van tas­ba­re her­koms is ook ’n eer­ste in Suid-A­fri­ka.

Die Ja­vett-UP-sen­trum en die brug is deur die ar­gi­teks­fir­ma Mat­hews & Ge­no­te in P­re­to­ria ont­werp.

Die sen­trum sal die kuns­ver­sa­me­laar Mi­cha­el Ja­vett se ver­sa­me­ling van mo­der­ne Suid-A­fri­kaan­se kuns huis­ves en die u­ni­ver­si­teit se be­roem­de Ma­pun­gub­we-werke uit­stal.

Die geld vir die pro­jek kom van die Ja­vett-ge­sin en an­der kuns­wel­doe­ners.

Die ga­le­ry op die brug is ont­werp om die i­dee van ’n o­pen­ba­re kuns­kyk­ruim­te en in­lig­ting­sen­trum met die a­ka­de­mie­se sy van se­kon­dê­re on­der­wys te kom­bi­neer.

Pie­ter Mat­hews van Mat­hews & Ge­no­te sê aan die wes­te­li­ke kant van die brug sal ’n oop loop­gang wees. Die ga­le­ry sal oor die leng­te van die brug strek.

Die ont­wik­ke­ling is nie as ’n groen pro­jek ge­re­gis­treer nie, maar so­veel moont­lik bo­me is be­hou.

Son­skerm­pa­ne­le aan die wes­te­kant van die brug sal ’n ver­koe­len­de son­krag­fil­ter aan die brug­ga­le­ry ver­skaf.

Dié pa­ne­le sal ’n gra­fie­se voor­stel­ling van sj­wesj­we­ma­te­ri­aal wees.

“Dié blou ma­te­ri­aal was nog al­tyd ’n groot ver­bin­dings­e­le­ment in Suid-A­fri­ka. Die im­mer ver­an­de­ren­de ska­du­pa­tro­ne aan die mu­re en vloe­re sal ons her­in­ner aan hoe baie ons (kul­tu­re) ge­meen het,” sê Mat­hews.

Die lig­ge­wig­pa­ne­le sal van ag­ter be­lig word so­dat mo­to­ris­te in Lynn­wood­weg dit saans kan sien.

Die Ja­vett-UP-kuns­sen­trum sal ’n kuns- en ’n mu­seum­plein hê.

Die mu­seum­plein, aan die sui­de­kant van Lynn­wood­weg, is ’n na­tuur­li­ke by­me­kaar­kom­plek. Be­ne­wens uit­stal­ruim­te sal daar ’n ou­di­to­ri­um met 117 sit­plek­ke, ad­mi­nis­tra­tie­we kan­to­re, pak­ka­mers, kuns­be­wa­rings­plek­ke en ’n re­stau­rant wees.

Die kuns­plein word aan die noor­de­kant van die brug ge­bou.

“Die u­ni­ver­si­teit is be­kend vir sy beeld­hou­er-a­lum­ni en dit word in die voor­uit­sig ge­stel dat in­ter­na­si­o­na­le beeld­uit­stal­lings en beeld­hou­kom­pe­ti­sies in die toe­koms op dié plein ge­hou sal word,” sê Mat­hews.

Fo­to: ALET PRETORIUS

Die brug is deel van die nu­we Ja­vett­UP­kuns­sen­trum op die Suid­kam­pus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.