Sa­ke­man in hof ná bos­sla­per sterf

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Sa­ke­man ver­skyn van­dag in die land­dros­hof in Wit­ri­vier in M­pu­ma­lan­ga na­dat hy ’n man glo uit self­ver­de­di­ging met sy knip­mes dood­ge­steek het.

Die sa­ke­man (51), wat sy eie on­der­ne­ming het, woon op ’n plaas by Hei­del­val­lei tus­sen M­bom­be­la (Nel­spruit) en Wit­ri­vier.

Hy word se­dert Vry­dag in die Wit­ri­vier-po­li­sie­kan­toor aan­ge­hou.

Albert Gryvenstein, be­dryfs­be­stuur­der van Bos­sies Com­mu­ni­ty Jus­ti­ce in Nel­spruit, ’n nie­wins­ge­wen­de on­der­ne­ming wat as tus­sen­gan­ger tus­sen die polisie, vei­lig­heids­diens­te, nood­diens­te en die pu­bliek op­tree, sê die sa­ke­man het Vry­dag om­streeks 09:00 op ’n grond­pad tus­sen Hei­del­val­lei en Roc­ky D­rift ge­ry toe ’n man, ver­moe­de­lik ’n bos­sla­per, ’n klip na sy bak­kie gooi.

Die bos­sla­per het glo bly staan en die sa­ke­man het stil­ge­hou en uit­ge­klim om na die ska­de aan sy bak­kie te kyk.

’n Woor­de­wis­se­ling het tus­sen hul­le ont­staan, ge­volg deur ’n stoei­e­ry.

Gryvenstein sê die twee mans is glo in die ge­stoei teen ’n sand­wal­le­tjie langs die grond­pad af.

“Soos ek ver­staan, het die bos­sla­per ’n taam­lik groot klip op­ge­tel om hom (die sa­ke­man) mee te slaan.

“Dié het toe sy knip­mes uit­ge­haal en die bos­sla­per in die bors ge­steek.”

Die sa­ke­man het Da­nie T­heron, be­dryfs­ko­ör­di­neer­der van Bos­sies Com­mu­ni­ty Jus­ti­ce, ge­bel om ’n am­bu­lans te ont­bied.

Gryvenstein sê van die boe­re in die om­ge­wing wat op W­hat­sApp van die voor­val te ho­re ge­kom het, het op die to­neel op­ge­daag.

“In daar­die sta­di­um het die man nog ge­leef. Hy is dood ver­klaar na­dat die am­bu­lans op­ge­daag het.”

Die polisie het die sa­ke­man kort daar­na na die po­li­sie­kan­toor ge­neem.

Bos­sies het vir hom ’n regs­ver­teen­woor­di­ger be­kom.

Dié sal van­dag na­mens hom in die hof om borg­tog aan­soek doen.

‘‘

Hy is dood ver­klaar na­dat die am­bu­lans op­ge­daag het.

— ALBERT GRYVENSTEIN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.