Twee wer­kers op OR Tam­bo ge­ar­res­teer oor dwelms

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die polisie het Sa­ter­dag drie men­se op die O.R. Tam­bo-lug­ha­we in Kemp­ton Park aan­ge­keer weens dwelm­smok­ke­la­ry.

B­rig. Vishnu Nai­doo, po­li­sie­woord­voer­der, het gis­ter­og­gend ge­sê twee van hul­le, ’n 37-ja­ri­ge man en ’n 27-ja­ri­ge vrou, werk op die lug­ha­we.

Die polisie het men­se se ba­ga­sie Sa­ter­dag om­streeks 11:00 by die in­gang van die lug­ha­we­ge­bou deur­ge­soek en so­wat 18,3 kg ko­ka­ïen by die man en vrou ge­kry.

Die swart­mark­waar­de daar­van word op R5,2 mil­joen ge­raam.

Doe­a­ne­per­so­neel­le­de en die polisie het la­ter die dag ’n ge­sa­ment­li­ke klop­jag uit­ge­voer en ’n 43-ja­ri­ge man by die in­gang van die S­wit­ser­se lug­diens S­wis­sair se ruim­te aan­ge­keer weens die be­weer­de be­sit van e­fe­drien. Die e­fe­drien was ver­steek in mo­tor­o­lie­fil­ters wat in hou­ers ver­pak was.

Al drie ver­dag­tes sal bin­ne­kort in die land­dros­hof in Kemp­ton Park ver­skyn.

Twee dae te­vo­re het die Val­ke, die Groen S­ker­pi­oe­ne en doe­a­ne­be­amp­tes Ja­c­que­li­ne Si­mi­lo N­ko­mo (30), ’n Zim­bab­wi­ër, op die lug­ha­we aan­ge­keer weens die be­weer­de be­sit van re­nos­ter­ho­rings.

Haar ba­ga­sie het ver­dag voor­ge­kom en vei­lig­heids­per­so­neel­le­de het dit oop­ge­maak.

Die Groen S­ker­pi­oe­ne is ge­vra om die in­houd van haar tas te i­den­ti­fi­seer.

In haar ba­ga­sie was twee re­nos­ter­ho­rings glo tus­sen e­lek­tro­nie­se toe­rus­ting ver­steek.

N­ko­mo het Sa­ter­dag­mid­dag in die land­dros­hof in Kemp­ton Park ver­skyn weens die oor­tre­ding van die wet­ge­wing oor be­dreig­de spe­sies. Sy ver­skyn weer op 16 Au­gus­tus in die hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.