Man skiet in­bre­ker (10) in arm

Beeld - - Nuus - – Ja­na B­rey­ten­bach

’n Man van M­pu­ma­lan­ga het ’n tien­ja­ri­ge mei­sie in die arm ge­skiet om­dat hy ge­dink het sy is ’n in­bre­ker.

Hy het Vry­dag om­streeks 03:00 van ’n ge­luid in sy huis in Ka­nya­ma­za­ne na­by M­bom­be­la (Nel­spruit) wak­ker ge­word.

Toe hy sy slaap­ka­mer­deur oop­maak, het hy die lig in sy sit­ka­mer sien brand.

Hy het sy vuur­wa­pen gaan haal, by sy slaap­ka­mer uit­ge­loop en ’n ska­du­wee ge­sien. Hy het toe twee skote af­ge­vuur.

’n Paar se­kon­des la­ter het hy ’n stem­me­tjie hoor sê: “Moet my nie dood­maak nie.”

Dit was ’n tien­ja­ri­ge mei­sie. By haar was ’n agt­ja­ri­ge seun. Hul­le woon so­wat 5 km van die man se huis.

Een van die skote het die mei­sie in die arm ge­tref.

Die man het hul­le ge­vra hoe hul­le by die huis in­ge­kom het. Hul­le het na ’n ven­ster by die mo­tor­huis ge­wys het.

Die polisie en nood­diens­te is ont­bied.

Kol. Mts­ho­li B­hem­be, po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê die man word van po­ging tot moord aan­ge­kla.

Die on­der­soek duur voort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.