Re­ke­naars by nog ’n in­stel­ling ge­steel

Beeld - - Nuus -

In die nuut­ste in­braak by ’n staats- of regs­in­stel­lings is twee skoot­re­ke­naars ver­le­de week uit die Me­de­din­gings­kom­mis­sie se hoof­kan­toor in P­re­to­ria ge­steel.

Sip­ho Ng­we­ma, woord­voer­der van die kom­mis­sie, sê die re­ke­naars is Dins­dag in die loop van die dag ge­steel uit ’n af­de­ling wat kar­te­lop­tre­de on­der­soek.

Vol­gens Ng­we­ma on­der­soek die Val­ke die dief­stal.

Die kom­mis­sie het sy vei­lig­heids­maat­re­ëls ver­skerp.

In Maart is meer as 12 re­ke­naars uit die men­se­hulp­bron­neeen­heid van hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng se kan­toor in Mid­rand ge­steel.

In A­pril is skoot­re­ke­naars uit die SAUK se par­le­men­tê­re kan­toor ge­steel. Die polisie kon geen be­wys kry dat daar in­ge­breek is nie.

Vroeg in Ju­lie is re­ke­naars uit die Val­ke se hoof­kan­toor in P­re­to­ria ge­steel. Die­self­de maand is daar in­ge­breek by die ’n kan­toor van die streek­aan­kla­er in P­re­to­ria.

Twee we­ke te­vo­re is twee ou re­ke­naars uit die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag se ge­bou ge­steel en ein­de Ju­lie is ’n re­ke­naar­skerm en toets­bord uit ’n kan­toor op die par­le­men­tê­re per­seel in Kaap­stad ge­steel. – News24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.