Man jaag na­by Pa­rys in wild­hei­ning vas

Beeld - - Nuus -

’n Man van moont­lik iets in die 50 jaar oud is dood toe hy gis­ter­og­gend op die R500 ver­moe­de­lik in ’n ge­ë­lek­tri­fi­seer­de wild­hei­ning vas­ge­jaag het.

Hy het tus­sen Fo­ch­vil­le en Pa­rys waar­skyn­lik be­heer oor sy mo­tor­fiets ver­loor.

’n Woord­voer­der van die ER24nood­diens­te sê pa­ra­me­di­ci het sy lyk tus­sen 10 m en 15 m van sy mo­tor­fiets af in die veld na­by ’n wild­hei­ning ge­vind.

Hy het ver­skeie frak­tu­re ge­had.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.