Ge­strem­de skut blink uit

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

’n Ge­strem­de skut van M­bom­be­la (Nel­spruit) in M­pu­ma­lan­ga was die groot uit­blin­ker toe 215 skuts van oor die land heen aan 601 kom­pe­ti­sies in die Suid-A­fri­kaan­se Sport-en­jag­fe­de­ra­sie se na­si­o­na­le baan­sport­kam­pi­oen­skap in Bloem­fon­tein deel­ge­neem het.

Ju­li­an Wa­ters (33) het skoon­skip ge­maak in die .22-klein­ge­weer-dis­si­pli­ne en met 99,5% die hoog­ste punt in die kam­pi­oen­skap vir .22-klein­ge­we­re los­ge­skiet.

Hy is ook eer­ste in die SH2A-klas (vir skuts wat een nie­funk­si­o­ne­le boon­ste le­de­maat het of erns­ti­ge pro­ble­me in al­bei boon­ste le­de­ma­te on­der­vind).

El­ke de Witt, be­stuurs­lid van die fe­de­ra­sie, sê nog ’n uit­blin­ker is Si­an­ke Hoff­man (23) van die Vry­staat-tak wat ’n jaar ge­le­de jag­ge­weer be­gin skiet het.

Sy het eer­ste ge­ëin­dig in jag­ge­weer-lang­af­stand­skiet vir se­ni­or vroue waar­in sy on­der meer op bok­tei­kens op 300 m, 400 m en 500 m ver ge­skiet het.

Ge­or­ge Dann­hau­ser (83) van Kos­ter (Noord­wes) het weer eer­ste ge­ëin­dig in die ope hand­wa­pen-dis­si­pli­ne, waar skuts op 25 m ver na ’n kol­tei­ken skiet.

Hy het ook in die ve­te­raan­af­de­lings vir wind­buks-CO2 en hand­wa­pen-stan­daard pres­teer en ’n t­wee­de en ’n der­de plek in­ge­neem.

De Witt sê dit is die eer­ste keer van­jaar dat na “die­re­tei­kens” ge­skiet is.

Cobus Jou­bert van Po­lo­kwa­ne, pre­si­dent van die fe­de­ra­sie, sê dit was die 17de kam­pi­oen­skap en jonk en oud het dit ge­niet.

Dit was die eer­ste keer dat die kam­pi­oen­skap in Bloem­fon­tein ge­hou is.

Vol­gens hom het die Vry­sta­ters baie moei­te ge­doen om al­mal tuis te laat voel.

Hy sê heel­par­ty skuts neem in ge­sins­ver­band deel.

“Ons het ’n kind wat op vier­ja­ri­ge ou­der­dom be­gin skiet het en nou op se­we­ja­ri­ge ou­der­dom ons jong­ste deel­ne­mer was.

“Daar was ook skuts van ou­er as 80.”

Jou­bert sê die hoof­ka­te­go­rieë was dié vir jag­ge­we­re, .22’s, ha­el­ge­we­re, hand­wa­pens, wind­buk­se en boë.

Hy sê die doel van die by­een­koms is om die bes­te skuts in elk pro­vin­sie die kans te gee om met me­kaar mee te ding.

’n Na­si­o­na­le span word in el­ke ka­te­go­rie ge­kies.

Die eer­ste drie skuts in el­ke ka­te­go­rie kry na­si­o­na­le kleu­re.

“Skuts neem ook in span­ver­band deel en ’n wen­span word in el­ke ka­te­go­rie aan­ge­wys.”

Jou­bert sê die fe­de­ra­sie is ’n nie­wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie. “Ons is al­tyd op soek na nu­we le­de. Dit is nie ’n ryk­man­sport nie.”

Fo­to: MA­RIE­TJIE GE­RIC­KE

Jag­ge­weer­skuts wat aan die Suid­A­fri­kaan­se Sport­en­jag­fe­de­ra­sie se Na­si­o­na­le Baan­sport­kam­pi­oen­skap in Bloem­fon­tein deel­ge­neem het, is van links Her­mien B­re­den­hann (Vry­staat), Mag­gie Maré (Noord­wes), Cobus Jou­bert (Lim­po­po), pre­si­dent van die fe­de­ra­sie, Mi­cha­ni Vil­joen (Gauteng) en Han­nes Bec­ker (Lim­po­po).

Cobus Jou­bert (links) van Po­lo­kwa­ne, pre­si­dent van die Suid­A­fri­kaan­se Sport­en­jag­fe­de­ra­sie, by Ju­li­an Wa­ters, ’n ge­strem­de van M­bom­be­la (Nel­spruit) wat die groot uit­blin­ker op die by­een­koms was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.