‘Dis hos­pi­taal se skuld dat rug­by­spe­ler sterf’

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis Net­werk24

Die we­du­wee van ’n rug­by­spe­ler wat twee jaar ge­le­de in ’n staats­hos­pi­taal dood is na­dat hy in ’n Aus­tra­li­an Ru­les-voet­bal­wed­stryd be­seer is, wil ska­de­ver­goe­ding van die Gau­teng­se ge­sond­heids­de­par­te­ment hê.

Zac de Lan­ge (33) is op 18 Sep­tem­ber 2015 be­seer in ’n wed­stryd wat die Sil­ver­backs- en die P­re­da­tors-rug­by­li­gaklub in Sil­ver­ton, P­re­to­ria, ge­speel het.

Hy is drie dae la­ter in die S­te­ve Bi­ko- a­ka­de­mie­se hos­pi­taal in die stad dood.

Die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­li­ga (SARL) het des­tyds in ’n ver­kla­ring ge­sê voor­lo­pi­ge ver­slae toon die pa­ra­me­di­ci en spe­lers het De Lan­ge da­de­lik so goed hul­le kon met die be­skik­ba­re mid­de­le by­ge­staan. Hy is per am­bu­lans S­te­ve Bi­ko toe ge­neem.

De Lan­ge se vrou, Ma­rie (32), van East Lyn­ne, P­re­to­ria, het nou ’n eis van R1,9 mil­joen in die hoog­ge­regs­hof in die stad teen die Gau­teng­se LUR vir ge­sond­heid aan­han­gig ge­maak.

Die LUR het ’n ken­nis­ge­wing by die hof in­ge­dien dat die eis teen­ge­staan word.

Haar pro­ku­reur, Je­an-Paul Rudd van die regs­fir­ma A­dams & A­dams, sê Ma­rie eis in haar per­soon­li­ke hoe­da­nig­heid en as ma van haar twee seuns. Da­niel is agt jaar oud en Da­mien vyf.

het des­tyds be­rig Zac se ge­sin was saam na die wed­stryd daar­die Vry­dag­aand.

Zac, wat ge­wo­ne rug­by vir ’n an­der klub ge­speel het, het dié aand vir die eer­ste keer in ’n rug­by­li­ga­wed­stryd ge­speel om­dat die Sil­ver­backs te min spe­lers ge­had het.

Lui­dens Ma­rie se hof­stuk­ke het ’n spe­ler se knie Zac se kop in ’n plet­ter­vat ge­tref. Zac het sy be­wus­syn ver­loor.

Toe hy by­kom, het hy nek- en hoof­pyn ge­had. Dít word be­ves­tig deur die ER24-am­bu­lans­do­ku­men­te wat aan die hos­pi­taal­per­so­neel oor­han­dig is, lui haar hof­stuk­ke.

Zac is om­streeks 23:24 in die hos­pi­taal op­ge­neem. Die di­ag­no­se was dat hy weens ’n nek­be­se­ring ’n on­vol­le­di­ge kwa­dru­pleeg was. Hy kon sy be­ne nie be­weeg nie.

Hy is op 21 Sep­tem­ber 2015 om 04:45 dood weens kop- en nek­be­se­rings wat deur long­ont­ste­king en ver­hoog­de druk in die ske­del ge­kom­pli­seer is, lui Ma­rie se hof­stuk­ke.

Sy dood is die ge­volg van die ver­keer­de en na­la­ti­ge op­tre­de van die hos­pi­taal se ad­mi­nis­tra­tie­we en/of me­die­se per­so­neel en/of ver­pleeg­kun­di­ges, be­weer sy.

Lui­dens Ma­rie se eis­be­son­der­he­de was daar nie ge­kwa­li­fi­seer­de of er­va­re me­di­ci en ver­pleeg­per­so­neel teen­woor­dig om pa­si­ën­te met sul­ke be­se­rings te mo­ni­tor en be­han­del nie.

Die hos­pi­taal moes ’n pro­to­kol ge­had het vir die ver­wy­sing van ho­ë­ri­si­ko­pa­si­ën­te na ’n toe­ge­rus­te an­der hos­pi­taal, pri­va­te hos­pi­ta­le in die om­ge­wing in­ge­sluit, voer sy aan.

Sy meen die hos­pi­taal kon haar man se dood voor­kom het.

Sy sê Zac het ’n regs­plig ge­had om haar en hul kin­ders te on­der­hou. As hy nie ge­sterf het nie, sou hy haar vir die res van haar le­we on­der­hou het en die kin­ders tot­dat hul­le min­stens 21 is.

Zac was ’n swei­ser.

Ma­rie en Zac de Lang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.