Vo­ël­griep­vi­rus ver­sprei dalk na Wes­Kaap

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die de­par­te­ment van land­bou in die Wes-Kaap het men­se ge­vra om die o­wer­heid on­mid­del­lik te laat weet as hul­le op siek of dooie wil­de wa­ter­vo­ëls af­kom.

Ge­val­le van ver­moe­de­lik vo­ël­griep is op twee vol­struis­pla­se in die om­ge­wing van Hei­del­berg in die Wes-Kaap aan­ge­meld.

Dit is eg­ter nog nie be­ves­tig nie.

EWN het gis­ter be­rig al­bei pla­se is on­der kwa­ran­tyn ge­plaas en dat die de­par­te­ment be­gin het met ’n on­der­soek na die oor­sprong en om­vang van die pro­bleem.

Pe­tro van R­hyn, die de­par­te­ment se woord­voer­der, het vol­gens EWN ge­sê dit is die eer­ste keer dat die hoogs aan­steek­li­ke vo­ël­griep­vi­rus, ’n ti­pe H5N8-pa­to­geen, sy ver­sky­ning in die Wes-Kaap maak se­dert dit op ver­skeie pla­se in die noor­de van die land uit­ge­breek het.

Ke­vin Lo­vell, uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri­kaan­se Pluim­vee­ver­e­ni­ging, het gis­ter ge­sê die vi­rus het se­dert die be­gin van die win­ter op 12 pluim­vee­pla­se in die noor­de van die land, ver­al in M­pu­ma­lan­ga en Gauteng, uit­ge­breek.

Hy het be­klem­toon dat die pa­to­geen nie oor­nag sal mu­teer om men­se te be­smet nie.

Ver­brui­kers van hoen­der­vleis hoef ook nie pa­nie­ke­rig te raak nie. Eiers word ook baie deeg­lik na­ge­gaan voor­dat dit op die win­kel­rak­ke kom.

Vol­gens hom kan uit­bre­kings van die vo­ël­griep­vi­rus nog tot ein­de No­vem­ber voor­kom.

Dit is be­slis nog nie ’n e­pi­de­mie nie, maar dit kan sul­ke af­me­tings aan­neem as die o­wer­heid en bur­ger­li­ke sa­me­le­wing nie saam­werk om die ver­sprei­ding daar­van te keer nie, het Lo­vell ge­sê.

Men­se wat siek of dooie wil­de wa­ter­vo­ëls op­merk, moet hul plaas­li­ke de­par­te­ment van land­bou on­mid­del­lik kon­tak.

Die nom­mers is op hul web­wer­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.