Nr. 1, dink aan die kin­ders in dié ge­bro­ke huis

Beeld - - Kommentaar - Blou­wil­le­maan­dag

Nou ja, ons het se­ker nie ’n keu­se nie, ons sal nou maar net moet aan­gaan met Nom­mer Een. Wat an­ders? Soos ’n vrot hu­we­lik waar die twee maar net om die kin­ders se ont­hal­we by­me­kaar bly, word hy steeds in die huis ge­duld om die ANC se bro­se fa­mi­lie aan­me­kaar te pro­beer hou.

Maar nou ja, my Kroon, soos u se­ker al in u drie­kwart­eeu op ons on­der­maan­se van vrot hu­we­li­ke ge­leer het, kan dit nie vir e­wig hou nie.

Ai, my Kroon, dink u ooit aan die ar­me kin­der­tjies in u ge­bro­ke en on­ge­luk­ki­ge huis?

Hul­le bly ook maar net om­dat hul­le nie ’n an­der eet­plek het nie, maar dit moet vir hul­le erg wees om by die skool te hoor van hul pa se din­ge.

’n Ou mooi sto­rie­tjie te mid­de van fa­mi­lie­gru­wel­ver­ha­le is van on­se An­ne­li­ne K­riel, wat die rok en man­tel met sy 272 na­ge­maak­te Kru­ger­mun­te wat sy in 1974 by die Mej. Wê­reld-kom­pe­ti­sie ge­dra het, aan die ju­we­liers­mu­seum daar in die Kaap ge­skenk het.

Som­mer net weg­ge­gee uit die goed­heid van haar hart en nie op ’n vei­ling ver­kwan­sel soos wat tal­le an­der be­ken­des dees­dae maak nie.

Ma­don­na se pên­tie wat sy in ’n was­goed­mand­jie in S­pan­je ver­geet het, is dan on­langs vir meer as

R80 000 ver­koop en ’n bra (dol­leeg) van haar is deur Chris­tie’s op­ge­veil vir R140 000.

Ja, en waar hul­le steeds van ar­me tant Ma­ri­lyn Mon­roe se goe­ter­tjies kry om op te veil, weet nug­ter al­leen.

Ter­loops, wat stal ’n mens al­les in ’n ju­we­liers­mu­seum uit? Dalk staats­hoof­de se ou trou­rin­ge en goue hand­druk­ke?

Nee kyk, on­se An­ne­li­ne was da­rem in ’n klas van haar eie. Dit het ek al daar in 1974 be­sluit toe ek in Gar­licks skeef aan­ge­kyk is na­dat ek op twee rol­le ma­te­ri­aal ge­klim het om haar be­ter te kon sien.

En ek was al­tyd dank­baar dat sy des­tyds as Mej. Wê­reld ge­kies is en nie as Mej. Heel­al nie.

Dit het nog al­tyd vir my ge­voel of ’n da­me­tjie taam­lik oor­be­klem­toon moet wees om die he­le, gan­se heel­al te kan ver­teen­woor­dig. En hoe ver­ge­lyk jy aard­se kur­wes met die viet­se ten­ta­kel­tjies van ’n juf­fie op Mars?

Ja, en am­per ver­geet ek van Ur­su­la And­ress se wit bi­ki­ni waar­mee sy daar in 1962 so nim­f­nat uit die see ge­kom het in die Ja­mes Bond­fliek wat on­langs vir am­per $60 000 ver­koop is.

Wat van haar vis­mes ge­word het, weet nie­mand nie. Dik Daan, ’n groot ver­sa­me­laar van nut­te­lo­se in­lig­ting, ver­tel na­dat hy van Ur­su­la se bi­ki­ni ge­hoor het of ons weet dat die bi­ki­ni nie deur ’n mo­de­ont­wer­per nie, maar deur ’n in­ge­ni­eur, Lou­is Réard, ont­werp is.

Waar­op oom John­ny toe op­merk dat dit nie vir hom vreemd is nie, want as jy op ons stran­de na­vor­sing doen, sal jy weet dat Ne­w­ton se swaar­te­krag­wet­te so deur dié twee stuk­kies lap uit­ge­daag word dat net ’n er­va­re in­ge­ni­eur dié ou jop­pie sou kon doen.

‘‘

Hoe ver­ge­lyk jy aard­se kur­wes met die viet­se ten­ta­kel­tjies van ’n juf­fie op Mars?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.