Re­kord­oes goeie nuus vir land en ver­brui­kers

Beeld - - Kommentaar -

Ná die knel­lend­ste droog­te in meer as ’n eeu kan Suid-A­fri­kaan­se boe­re van­jaar met die groot­ste mie­lie­oes nog spog. So­mer­graan­boe­re wat in groot ge­loof ge­plant het, het die reg­te hoe­veel­heid re­ën op die reg­te tye en plek­ke ge­kry. Dít ter­wyl groot uit­da­gings nog op die win­ter­graan­boe­re wag in ’n deel van die land waar dit steeds te min re­ën.

Dank­sy die voor­uit­sig op ’n re­kord­oes van by­na 16 mil­joen ton het die In­ter­na­si­o­na­le Mo­ne­tê­re Fonds (IMF) ver­le­de maand sy voor­uit­sig vir SuidA­fri­ka se e­ko­no­mie­se groei vir van­jaar met

0,2 per­sen­ta­sie­punt tot 1% ver­hoog ver­ge­le­ke met sy A­pril-voor­uit­skat­ting.

Die an­der sy van die re­kord­oes is eg­ter da­len­de pry­se. Dít is hoe die vrye mark werk. Daar­om is van­jaar se re­kord­oes teen die ge­mid­deld van

R1 800 per ton heel­wat min­der werd as die vo­ri­ge sei­soen se ram­poes, toe die prys ge­mid­deld R4 500 per ton was.

Vir die ver­brui­kers is dit goeie nuus, en kos­in­fla­sie be­hoort be­perk te word so­lank die la­er pry­se ook na hul­le deur­ge­gee word.

Die la­er pry­se, te­sa­me met die ver­swak­king van die rand, bring eg­ter mee dat boe­re steeds gaan suk­kel om die na­sleep van die droog­te en die uit­wer­king daar­van op hul kon­tant­vloei en skuld­po­si­sie af te skud.

Dit sal meer as een goeie sei­soen verg om van die droog­te se ge­vol­ge te her­stel.

Die bie­lie van ’n oes is te dan­ke aan Suid-A­fri­kaan­se boe­re en die plaas­li­ke land­bou­sek­tor se bui­ten­ge­wo­ne kun­dig­heid. Jaar ná jaar word daar in moei­li­ke of min­der moei­li­ke weers­om­stan­dig­he­de ge­ploeg, ge­plant en ge­oes – on­danks be­leids­on­se­ker­heid oor grond­her­vor­ming en die be­drei­ging van plaas­moor­de.

Ons kom­mer­si­ë­le boe­re is ’n kos­ba­re na­si­o­na­le ba­te. Dit is tyd dat die re­ge­ring die ge­vol­ge van kli­maats­ver­an­de­ring en be­leids­on­se­ker­heid op dié staat­ma­kers be­gin pak. ’n Goeie be­gin sal wees om land­bou­ver­se­ke­ring teen na­tuur­ram­pe te sub­si­di­eer, soos die in­ter­na­si­o­na­le norm is.

Dit sal ook nie ska­de doen om die re­to­riek oor grond­her­vor­ming ’n paar ker­we te laat sak en daad­werk­lik sáám met die sek­tor na op­los­sings te soek nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.