Aan­gry­pen­de ver­slag van lief­de én ver­lies

Nie­mand is meer be­dre­we om ag­ter woor­de te skuil as juis ’n skry­wer nie, maar tog skil S­z­czu­rek die ver­skil­len­de lae van haar be­staan vir die le­ser af, skryf Jo­an Ham­bid­ge.

Beeld - - Boeke - The Fifth Mrs B­rink Ka­ri­na S­z­czu­rek JONATHAN BALL, R260

Daar was mos eers die We­du­wee Vil­jee en nou die We­du­wee B­rink, kors­wel ’n vriend. Hier­die me­moir is ’n aan­gry­pen­de ver­slag van lief­de én ver­lies. En die im­pak wat lees en skryf op ’n skry­wer se ge­moed het.

Die boek het ’n draai ge­gooi, eers by Pen­guin en nou by Jonathan Ball. Die­ge­ne wat tus­sen die re­ëls kan lees, sou in die ve­le on­der­hou­de en voor­af­pu­bli­ka­sies ’n ver­suur­de ver­hou­ding op­ge­tel het by ’n uit­ge­wers­huis. Maar kom ons laat dit daar. (Soos die in­ter­pre­ta­sie van die Ra­bie-Wal­la­ce-beurs en die vark en hoen­der­hen in P­hi­li­da. Me­vrou B­rink skets ’n lief­de­vol­le prent­jie van haar eg­ge­noot, wat soms nie on­wen­nig kon wees vir ’n kat­te­ri­ge o­bi­ter dic­tum nie. Jong skry­wers is af­ge­ran­sel in een pa­ra­graaf; die gro­te Ka­rel S­choe­man ver­niel. Maar sy is ken­ne­lik nie in­ge­lig oor ’n lang let­ter­kun­di­ge voor­ge­skie­de­nis nie. Gaan lees maar Vlam in die

sneeu en kyk wat hy oor vrien­de ge­skryf het; sid­de­rend erg oor Chris Bar­nard.)

Die me­moir be­vat twee fo­to’s van die uit­son­der­li­ke fo­to­graaf An­to­nia S­teyn, wat nou on­langs by die Woord­fees fo­to’s van skry­wers en kuns­te­naars op ten­toon­stel­ling ge­had het. Die fo­to van Ka­ri­na B­rink is weer­loos met oë wat af­kyk; teen­oor die ag­ter­blad­fo­to langs haar min­naar, eg­ge­noot en men­tor, An­dré P. B­rink. Dit was in­der­tyd op die voor­blad van In­sig en sy be­ly haar lief­de en be­won­de­ring vir hier­die man en maak kwet­sen­de aan­na­mes af oor hoe sy hom as ’n “me­al tic­ket” sou sien. Ui­ter­aard is die klein poe­le­tjie van die let­ter­kun­de ge­na­de­loos en ve­ny­nig oor ’n ver­hou­ding tus­sen ’n ou­er, be­roem­de man en jong mei­sie.

Wan­neer ’n mens dit as ’n me­moir oor ver­lies be­na­der, is dit ’n be­son­de­re teks. En dit is jam­mer dat dit op die in­ter­net as ’n skin­der­teks be­mark word. Dit ver­tel hoe die sen­si­tie­we jong Pool­se mei­sie ver­lief raak, haar sie­ning van taal, hoe ’n skry­wer wat jy be­won­der jou le­we kan ver­an­der, die im­pak van Na­di­ne Gor­di­mer op háár le­we as na­vor­ser, en­so­meer.

Sy er­ken haar weer­loos­heid in die teks en sy be­ly son­der skroom: “And t­his e­ven in the wor­ld that is o­pen and f­ree, and the on­ly cen­sors­hip you are in dan­ger of is your own” (bl. 60). Sy wys op die taal van smart (“unkno­wn lan­gua­ge”, bl. 95) wat jou eie taal on­be­voeg maak.

Die af­de­ling “G­rief” is waar­skyn­lik die sterk­ste af­de­ling in die boek. “In wri­ting, I’m exor­ci­sing the de­mons of my past” (bl. 21) en sy ver­wys na die no­ma­die­se be­staan: Po­le, Oos­ten­ryk, VSA, Wal­lis . . . op vlug – om po­li­tie­ke re­des aan­vank­lik; la­ter om ver­der te stu­deer.

Sy skryf oor haar ou­ers, hul fou­te én ba­tes, haar broer, haar le­we in ’n nu­we land son­der haar eg­ge­noot en in ’n huis nou met ’n we­li­ge tuin . . .

Vrien­de wat sy ge­maak het en die on­der­steu­nings­net­werk ná B­rink se dood kom boei­end aan bod, soos die ge­sprek­ke met voor­ma­li­ge Me­vroue B­rink en B­rink se kin­ders.

Daar word ge­skryf oor lief­des­ver­raad ná B­rink se dood en oor ’n in­braak en ’n mo­tor­on­ge­luk. Daar is ’n in­ten­se be­sef dat sy na­la­tig is weens die trau­ma.

Nie­mand is meer be­dre­we om ag­ter woor­de te skuil juis as ’n skry­wer nie (bl. 15); tog skil sy die ver­skil­len­de lae van haar be­staan af vir die le­ser wat sien hoe sy pyn en ver­lies na­vi­geer. Met hier­die boek le­wer sy be­wys dat sy wel kan skryf. Hier­die kri­ti­kus was min­der en­toe­si­as­ties oor haar de­buutro­man,

In­vi­si­ble Ot­hers (2004) as hier­die me­moir wat in ’n sir­kel­gang be­weeg. Jy weet reeds die man is oor­le­de en al­les s­tuur af op daar­die on­af­wend­ba­re slot, B­rink se dood op ’n KLM-vlug.

Dit is ’n teks wat saam­praat met Cla­ris­sa Pinko­la Estés se 1992-pu­bli­ka­sie Wo­men Who Run With the Wol­ves (kyk hier spe­si­fiek na die on­ge­snoei­de tuin en die ge­sprek met die dooi­es). Wat hier­die boek ook dui­de­lik be­wys, is dat herinneringe en ’n sterk ver­bin­te­nis ná die dood van ’n ge­lief­de bly voort­be­staan (The Fait­hful Gar­de­ner: A Wi­se Ta­le A­bout that Which Can Ne­ver Die, 1996). Sy skryf im­mers: “Lo­ve and gra­ti­tu­de to t­ho­se who know the Ka­ri­na who runs wild with snow le­o­pards.”

’n Boek van oor­gang en li­mi­na­li­tei­te. Let­ter­lik oor­gan­ge van ruim­tes om by­me­kaar te wees en la­ter dan die op­po­si­sie tus­sen le­we en dood.

Dit is ’n teks wat ’n mens lees om die eer­lik­heid en dit be­hoort vir al­mal wat in ’n trau­ma­tie­se af­leg­ging be­leef het, van raad te be­dien. Daar word ge­kyk na B­rink se siek­te en sy ge­brek aan self­ver­troue teen die ein­de.

En vir die B­rink-aan­han­gers is die teks e­wen­eens van ver­de­re be­lang. Sy lief­de vir lees, sy ge­woon­tes, sjo­ko­lis­me en aan­hang van An­na Ne­treb­ko word weer­ge­gee. ■ Jo­an Ham­bid­ge is pro­fes­sor in A­fri­kaans en kre­a­tie­we skryf­werk aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad.

Dit ver­tel hoe die sen­si­tie­we jong Pool­se mei­sie ver­lief raak hoe ’n skry­wer wat jy be­won­der jou le­we kan ver­an­der.

Voor­blad­fo­to: AN­TO­NIA S­TEYN

Die voor­blad van The Fifth Mrs B­rink.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.