Ro­man wat ont­huts en fas­si­neer, nie goed­koop trak­teer

Beeld - - Boeke - Die laks­man se dog­ter Ger­da Tal­jaard Fik­sie PEN­GUIN, R230

Ger­da Tal­jaard het voor­heen twee git­swart ro­mans, Kel­der en ’n En­gel in die hoen­der­hok, en ’n bun­del kort­ver­ha­le, Maan­siek, ge­le­wer. Haar jong­ste kan ge­klas­si­fi­seer word as do­mes­tic noir, met die huis­hou­de­li­ke ruim­te wat een van be­drei­ging, siel­kun­di­ge oor­log en ver­vreem­ding word. Dit is eg­ter ook ’n bit­ter teer, rou ver­tel­ling wat wei­er om die le­ser op goed­koop ant­woor­de te trak­teer.

Sy is ook dig­ter en kort­ver­haal­skry­wer, en is as a­ka­de­mi­kus aan U­ni­sa ver­bon­de. Wat op­val met haar jong­ste ro­man is die skran­der aan­slag wat ge­tuig van ’n vak­man­skap wat in­spi­ra­sie put uit ver­skeie woord­kuns­vorms.

Die dig­ter se haar­fyn waar­ne­mings­ver­moë en die be­lang van ge­stroop­te be­skry­wing is on­mis­ken­baar. Ook die kort­ver­haal­skry­wer se go­ël met woor­de en ver­moë om met ver­ras­sen­de wen­dings en juk­sta­po­si­sie die le­ser se aan­dag te be­hou.

Tog is dit vir hier­die le­ser ook e­wen­eens dui­de­lik dat die skry­wer ’n a­ka­de­mie­se ag­ter­grond het, dat sy be­kend is met die veld van die psi­go­a­na­li­se en trau­ma­stu­dies, en dat sy haar a­ka­de­mie­se in­sig­te so kan in­span dat haar fik­sie ’n soe­pel­heid be­hou, des­on­danks die swaar te­mas.

Die laks­man se dog­ter as ti­tel ver­wys na die pro­ta­go­nis, Ro­sa­ria. Haar ka­rak­te­ri­se­ring en haar eie ge­hei­me moet in re­de­lik on­wrik­ba­re ge­heim­hou­ding ge­hul word om nie die ro­man se ver­skeie in­stan­sies van dood en ver­lies te ver­klap nie. Ek kan eg­ter toe­gee dat Ro­sa­ria se pa ’n ti­pe laks­man is weens die feit dat hy by P­re­to­ria-Sen­traal die ge­hang­de men­se se dood­ser­ti­fi­ka­te uit­reik, maar juis om­dat hy ook met tye die ge­na­de­skoot moet toe­dien. Ro­sa­ria en haar pa se ver­hou­ding is slegs een van die ou­er-kind-ver­hou­dings wat die ro­man be­lig.

Le­sers sal moont­lik be­dag wees op die feit dat Chris Mar­ne­wick se ver­wer­king van S­herp­herds & But­chers, In die laks­man se skoot, die kom­plek­si­teit van die dood­straf on­der a­part­heid on­der die loep neem. Tal­jaard plaas die ver­hou­ding tus­sen ma en dog­ter eg­ter sen­traal. Dit sluit die ver­hou­ding tus­sen Ro­sa­ria en haar eie ma in. Ro­sa­ria se kul­tus­fi­guur­dog­ter, die e­nig­ma­tie­se en re­bel­se dig­ter An­na­li­sa, se raai­sel­ag­ti­ge dood word die dryf­veer vir Ro­sa­ria en die ro­man self se on­der­soek na die stryd wat ou­ers van dwelm­ver­slaaf­des met hul kin­ders voer.

Tal­jaard ver­diep ook hier­die on­der­soek deur tot op die been te sny wat be­tref die mens se ver­sla­wing tot an­der. Wat pre­sies dit be­te­ken wan­neer ons er­ken dat ons eie ge­bro­ken­heid, ons eie trau­ma en on­ver­moë om tok­sie­se ver­hou­dings

‘‘

Tal­jaard het ’n om­stre­de teks oor ge­bro­ken­heid neer­ge­pen wat vir lank by le­sers sal spook.

en as­so­si­a­sies met an­der hok te slaan, ons aan ’n an­der se ge­na­de oor­laat. Die diep won­de wat af­knou­e­ry en kin­der­trau­ma tuis­bring. An­na­li­sa het ’n trau­ma van haar eie, en Ro­sa­ria se aan­deel hier­in maak haar ook ’n soort laks­man.

Soos Hen­ry Jack Cloe­te se fik­sie­de­buut, Draal­noot vir ’n jan­fis­kaal, word daar op ’n a­we­reg­se dog ge­la­de wy­se diep ge­delf in die vraag­stuk van self­dood. Hoe­wel Tal­jaard se ro­man ui­ters kri­ties teen­oor die me­dia staan, word Ro­sa­ria se ver­hou­ding met ’n joer­na­lis, en ver­al een van die ro­man se fi­na­le wen­dings, nie to­taal oor­tui­gend vas­ge­vang nie.

Die skry­wer is eg­ter ui­ters be­hen­dig met die skep van ’n ka­rak­ter wat ná haar dood met haar ma en die le­ser praat, en wat werk­lik le­we op die blad­sy. An­na­li­sa as ka­rak­ter wat pro­tes aan­te­ken op ver­skeie vlak­ke en haar i­den­ti­teit nou kop­pel aan haar eie sin van ver­lies, sal by ’n wye ge­hoor aan­klank vind. Hier­by sluit ek die lief­li­ke, in­ne­men­de ka­rak­ter van Ro­sa­ria se klein­kind, Mar­cel­la, in.

Tal­jaard se in­slui­ting van ’n kind is eg­ter nie ge­noeg om die ro­man se mi­neur­toon, on­ver­skrok­ken­heid en on­heil­spel­len­de at­mos­feer te ne­geer nie. So sal die ro­man se uit­mer­ge­len­de op­sta­pel van die buit van die Dood, en pik­don­ker hu­mor­sin, net een te veel vir sen­si­tie­we le­sers raak. Soms kruip toe­val en die vraag na ’n sus­pen­si­on of dis­be­lief ook in.

Die laks­man se dog­ter is die ti­pe ge­laag­de, ver­wik­kel­de ro­man wat my so mee­ge­sleur en ont­stel het dat ek kort-kort eers die boek moes toe­maak om a­sem te skep.

Is elk­een van ons on­der se­ke­re om­stan­dig­he­de tot moord in staat? Ek het steeds nie ant­woor­de op die teks se mees soe­ken­de vrae nie. Ek kan steeds nie vir ie­mand in een sin ver­tel pre­sies wat ek dink of hoe die ro­man my laat voel het en steeds laat voel nie.

Die laks­man se dog­ter is soos Ir­vi­ne Welsh se Trainspot­ting, Mar­ga­ret At­wood se Cat’s Eye, Li­o­nel Shri­ver se We Need to Talk A­bout Ke­vin, en Ing­rid Win­ter­bach se Ka­ro­li­na Fer­rei­ra en Die be­ne­de­ryk ’n ro­man wat ont­huts en fas­si­neer.

Soos die bo­ge­noem­de ro­mans het Tal­jaard hier ’n om­stre­de teks oor ge­bro­ken­heid neer­ge­pen wat vir lank by le­sers sal spook.

■ Jonathan Amid is ’n vry­skut­taal­prak­ti­syn en dok­to­ra­le stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.