Wil­de vroue met Ier­se bloed

Beeld - - Boeke -

Wil­de kla­wer Vi­ta du P­reez LA­PA, R230

Die boek be­gin som­mer met die in­trap­slag met die in­tri­ge wat die ver­haal dryf.

’n Brief aan M­cKen­na Wil­de dat haar sag­moe­di­ge ma, I­ris, haar be­roof het van iets wat van on­skat­ba­re waar­de was en nou ui­t­ein­de­lik daar­voor gaan be­taal.

In een van Du P­reez se bes­te boe­ke nog, dryf dit M­cKen­na om te soek na ant­woor­de: Hoe­kom haar ma en ou­ma toe sy 5 jaar oud was met haar uit Noord-Ier­land ge­vulg het?

En hoe­kom praat hul­le so min oor haar kleur­ry­ke ge­skie­de­nis en hoe­kom kleef daar in Ier­land so ’n stig­ma aan die Wil­de­vroue?

Moe­nie dat die ef­fe bo­na­tuur­li­ke e­le­men­te in die boek, wat ook vroeg blyk uit ou­ma Flan­na se “kom­mu­ni­ka­sie” met die kat­te en M­cKen­na se “ga­we”, jou af­skrik nie.

Die ver­haal ver­vleg M­cKen­na se soek­tog, wat ui­t­ein­de­lik in Noord-Ier­land draai, naat­loos met die ge­skie­de­nis van hoe des­pe­raat die Ie­re teen die B­rit­te vir hul vry­heid ge­veg het.

En wat sal ’n lief­des­ro­man dan nou wees son­der ’n aan­trek­li­ke man of twee wat vir die wil­de M­cKen­na se aan­dag mee­ding?

Soos M­cKen­na die Ier­se huis wat in hul fa­mi­lie­trust­fonds is en uit­ver­huur word op­knap, kap sy ook al hoe na­der aan die waar­heid van pre­sies wat haar fa­mi­lie se rol in van die ter­ro­ris­te-aan­val­le in die vry­heids­oor­log was.

Haar on­ver­wag­se op­drin­ge­ri­ge huur­der moe­dig haar ook aan om uit te vind hoe­kom sy so ’n haat­li­ke brief sou kry.

Met die skry­wer van die brief wat net voor haar aan­koms in Ier­land dood is, is lei­dra­de min, die whis­key loop mil­de­lik en sy moet haar ga­we toe­laat om haar te lei.

Maar dalk is dit tog nie al­tyd be­ter om al­les te weet nie. Of dalk gaan dit oor hoe jy die waar­heid han­teer.

Of dalk net wie of wat die wild­heid in jou kan tem.

■ Lu­cia Swart-Wal­ters is die re­dak­teur van tvplus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.