Wit haat bars los

‘Trump pak ver­reg­ses nie sterk ge­noeg nie’

Beeld - - Nuus -

’n Man (20) is gis­ter in heg­te­nis ge­neem op aan­klag van moord na­dat hy in ’n bot­sing tus­sen ver­reg­ses en an­der be­to­gers met sy mo­tor in ’n groep men­se ge­jaag het.

’n Vrou (32) is dood en 19 men­se be­seer, vyf kri­tiek en vier erns­tig.

Die cha­os in C­har­lot­tes­vil­le, Vi­r­gi­nië, het ge­volg op wat The C­hi­ca­go T­ri­bu­ne be­stem­pel het as “waar­skyn­lik die groot­ste saam­trek van wit heers­sug­ti­ges in ’n de­ka­de”.

Hul­le het ’n park in die u­ni­ver­si­teit­stad be­set waar­uit ’n stand­beeld van genl. Ro­bert E. Lee op ’n perd bin­ne­kort ver­wy­der gaan word. Lee was ’n oor­logs­held van die 11 sta­te wat des­tyds sla­we ge­had het.

’n Groot groep be­to­gers teen ras­sis­me het in re­ak­sie op die wit heers­sug­ti­ges se pro­tes na die park op­ge­ruk en ge­veg­te het uit­ge­breek waar­in 30 men­se be­seer is.

Ter­ry M­cAu­lif­fe, Vi­r­gi­nië se goe­wer­neur wat vroe­ër ’n nood­toe­stand in die deel­staat af­ge­kon­dig het, het vol­gens Reu­ters aan die wit heers­sug­ti­ges ge­sê: “Gaan huis toe. Skaam jul­le. Jul­le doen jul­self as pa­tri­ot­te voor, maar jul­le is al­les­be­hal­we.”

Matt Kor­bon (22), ’n stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit van Vi­r­gi­nië, het aan The C­hi­ca­go T­ri­bu­ne ge­sê ’n paar hon­derd van hul­le was nog na die park op pad om teen die wit heers­sug­ti­ges te be­toog toe hul­le skie­lik skreeu­en­de ban­de hoor.

’n Don­ker­sil­wer Dod­ge C­hal­len­ger het eers in ’n mo­tor vas­ge­jaag voor­dat hy ag­ter­uit tus­sen men­se in­ge­jaag het.

Beeld­ma­te­ri­aal wys hoe van die be­to­gers wat ge­tref is deur die lug trek. Som­mi­ge val op die mo­tor se dak.

Die be­stuur­der het weg­ge­ry, maar is la­ter in heg­te­nis ge­neem.

Kol. Mar­tin Ku­mer, su­per­in­ten­dent van die Al­be­mar­leC­har­lot­tes­vil­le-ge­van­ge­nis, het aan The Gu­ar­di­an ge­sê Ja­mes Fields van O­hio is in heg­te­nis ge­neem.

“Hy is in heg­te­nis ge­neem op aan­klag van moord en drie aan­klag­te van aan­ran­ding met die op­set om erns­tig te be­seer.

“Hy word ook daar­van aan­ge­kla dat hy ver­suim het om by ’n on­ge­luks­to­neel stil te hou,” het Ku­mer ge­sê.

Vol­gens die polisie soek hul­le nog na die fa­mi­lie van die oor­le­de­ne voor­dat hul­le haar naam be­kend maak.

P­res. Do­nald Trump het die ge­weld ver­oor­deel.

Hy het by sy gholf­klub in New Jer­sey ge­sê: “Ons ver­oor­deel hier­die skok­ken­de ver­toon van haat, be­krom­pen­heid en ge­weld in die sterk­ste ter­me moont­lik.”

Hy het ge­weld deur al­bei kan­te ver­oor­deel.

Trump kom selfs in Re­pu­bli­kein­se ge­le­de­re on­der skoot om­dat hy nie die ver­reg­ses ster­ker wou kri­ti­seer nie.

Die Re­pu­bli­kein­se se­na­tor Mar­co Ru­bio het ge­sê dit is baie be­lang­rik dat die pre­si­dent die voor­val be­skryf as ’n ter­reur­aan­val deur wit heers­sug­ti­ges.

■ ’n Po­li­sie­he­li­kop­ter wat by die be­to­gings diens ge­doen het, het Sa­ter­dag in Vi­r­gi­nië neer­ge­stort.

Al­bei be­man­nings­le­de is dood.

Fo­to: REU­TERS

’n Be­to­ger val ’n wit heers­sug­ti­ge aan in ’n be­to­ging wat Sa­ter­dag in C­har­lot­tes­vil­le in Vi­r­gi­nië, A­me­ri­ka, ge­hou is.

Ja­mes Fields

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.