Pluim­pies

Beeld - - Tot U Diens -

Gys O­li­vier het ’n pluim­pie vir die C­hatz­win­kel in die Si­no­vil­le­sen­trum, P­re­to­ria.

“Ek het on­langs ’n pro­bleem met Vo­da­com on­der­vind. Ek moes vir be­las­ting­doel­ein­des ’n staat by hul­le kry. By hul win­kel in May­vil­le het die per­so­neel ge­sê hul­le kan nie help nie en het my aan­ge­raai om hul tak in Men­lyn te be­soek. Ek het ge­vra of hul­le nie my ver­soek na die no­di­ge af­de­ling kan aan­stuur en dan die staat per e­pos aan my ver­skaf nie. Hul­le het een­vou­dig ge­wei­er. Ek was glad nie be­ïn­druk nie en is nog­al om­ge­krap huis toe. Ek het die C­hatz­win­kel in die Si­no­vil­le­sen­trum ge­bel waar hul­le ook ge­sê het die staat kan nie in dié win­kel aan my ver­skaf word nie. Koos Nel het my eg­ter ’n al­ter­na­tie­we nom­mer ge­gee om te s­ka­kel om die staat aan te vra. Ek het die nom­mer ge­ska­kel en die staat is aan my ge­stuur. Dan­kie aan Nel en die res van die per­so­neel by C­hatz. Hier­die is ’n win­kel wat met reg te­vre­de met hul vlak van diens kan voel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.