Trans­net­pen­si­oe­na­ris­se mag nou kon­sti­tu­si­o­ne­le hof toe

Beeld - - Sake - Fran­cois Wil­li­ams

Die eer­ste spran­kie hoop in ’n baie, baie lang tyd het weer op­ge­vlam in die ja­re lan­ge uit­ge­rek­te hof­pro­ses waar­in Trans­net se reg­span wil keer dat pen­si­oen­trek­kers so­wat R80 mil­jard van die staats­ver­voer­mo­no­po­lie en twee van sy pen­si­oen­fond­se eis.

Gey­ser & Coet­see, die pro­ku­reurs wat na­mens die meer as 50 000 ver­ar­men­de Trans­net-pen­si­oe­trek­kers op­tree, het laat weet die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof gaan die pen­si­oen­trek­kers se reg­span die kans gee om op 16 No­vem­ber van­jaar mon­de­lin­ge be­toë voor die hof te le­wer.

Dit handel oor hul ver­soek om te ap­pel­leer teen ’n be­sluit van die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in Mei 2016 wat een van die ek­sep­sies ge­hand­haaf het wat Trans­net en die pen­si­oen­fond­se teen die pen­si­oen­trek­kers se groeps­eis in­ge­dien het.

Die pen­si­oen­trek­kers het twee keer on­suk­ses­vol by die ap­pèl­hof ge­vra vir spe­si­a­le ver­lof tot ap­pèl teen die hoog­ge­regs­hof se uit­spraak, en daar­na het hul­le be­sluit om reg­streeks na die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof te gaan.

Die pen­si­oen­trek­kers, wat in die groeps­eis deur Jo­han Pretorius en Mon­ta­na K­wa­pa as eer­ste en t­wee­de aan­soe­kers ver­teen­woor­dig word, voer aan daar is in die 1990’s aan hul­le be­lo­we dat hul pen­si­oen al­tyd met min­stens 70% van die heer­sen­de in­fla­sie­koers ver­hoog sal word. Maar weens wat hul­le be­weer swak be­leg­gings­be­slui­te en wan­be­stuur van pen­si­oen­fonds­geld was, het die Trans­net-pen­si­oen­fond­se hul­le se­dert die be­gin 2000’s net ’n jaar­lik­se sta­tu­tê­re ver­ho­ging van 2% ge­gee. Dit be­te­ken prak­ties die pen­si­oen­trek­kers kry al hoe min­der weens die uit­wer­king van in­fla­sie en die sty­ging in me­die­se­fonds­by­dra­es wat meest­al ho­ër as in­fla­sie is en dus hul be­stee­ba­re pen­si­oen­geld weg­kal­we.

Die Trans­net Pen­si­oen­trek­ke­r­ak­sie­groep het ge­sê dis baie goeie nuus dat die reg­span mon­de­lin­ge be­toë in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof kan gaan le­wer. Dit be­te­ken die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het nie hul aan­soek om te ap­pel­leer sum­mier ver­werp nie, maar is be­reid om na hul ar­gu­ment te luis­ter.

Fo­to: LISA VAN DEVENTER

By ’n vo­ri­ge hof­sit­ting in die uit­ge­rek­te groeps­eis van Trans­net­pen­si­oen­trek­kers teen die staat was, van links, Ro­bin Ro­we, Mo­ses Mo­lo­pa en Neil Ma­cgre­gor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.