Moody’s gee SA nog ’n blaas­kans

Beeld - - Sake -

Moody’s In­ves­tors Ser­vi­ce se be­sluit Vry­dag om nie ’n gra­de­rings­be­sluit oor Suid-A­fri­ka te neem nie be­te­ken staat­skuld bly op be­leg­gings­graad by dié kre­diet­gra­deer­der, maar die voor­uit­sig is ne­ga­tief.

Moody’s dui da­tums op sy ka­len­der aan waar­op oor ver­skil­len­de lan­de, ste­de of maat­skap­pye se kre­diet­gra­de­ring be­sluit word, maar is nie ver­plig om ’n gra­de­ring op elk van daar­die da­tums te doen nie.

Die kre­diet­gra­deer­der het ook in No­vem­ber ver­le­de jaar be­sluit om nie ’n gra­de­ring vir Suid-A­fri­ka se staat­skuld aan te kon­dig nie.

In ’n pei­ling on­der e­ko­no­me ver­le­de week het 79% van hul­le ver­wag Moody’s sou die gra­de­ring on­ver­an­derd laat.

Moody’s be­na­druk al­tyd dat as hy nie ’n gra­de­rings­be­sluit neem nie, dit nie die­self­de is as om ’n gra­de­ring on­ver­an­derd te laat nie, maar die uit­wer­king is die­self­de.

E­ni­ge van die groot kre­diet­gra­deer­ders kan ook ’n tus­sen­tyd­se gra­de­ring aan­kon­dig as iets dras­ties op po­li­tie­ke of e­ko­no­mie­se ge­bied ge­beur wat Suid-A­fri­ka se kre­diet­waar­dig­heid raak.

Moody’s het in Ju­nie staat­skuld in so­wel rand as in bui­te­land­se geld­een­he­de met een vlak af­ge­gra­deer tot die laag­ste be­leg­gings­graad op sy skaal, Baa3.

Fitch Ra­tings gee staat­skuld in rand rom­mel­sta­tus en hy én Stan­dard & Poor’s gra­deer staat­skuld in dol­lar en eu­ro as rom­mel.

Dié twee a­gent­skap­pe het staat­skuld in A­pril af­ge­gra­deer net na­dat p­res. Ja­cob Zu­ma die ka­bi­net ge­skom­mel het.

Die e­ko­noom T­ha­bi Le­o­ka van Ar­gon As­set Ma­na­ge­ment sê Moody’s reik mô­re ’n e­ko­no­mie­se oor­sig oor Suid-A­fri­ka uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.