Die ma van Mom­my Mall SA

Beeld - - Sake Nuus -

Na­o­mi B­ü­tow is die stig­ter van Mom­my Mall SA. Sy is ’n ma, sa­ke­vrou en ei­e­naar van ’n on­der­ne­ming. Sy is ’n “mom­pre­neur”, ’n term wat sy in A­fri­kaans som­mer uit haar eie mond ver­taal in “mammapreneur”. Li­a­na

Moc­ke het met haar ge­sels oor haar kon­sep waar ma’s op Facebook met me­kaar handel dryf.

Wat het jy ge­doen voor jy Mom­my Mall SA be­gin het?

Ek was baie ge­luk­kig om suk­ses­vol te wees voor­dat ek ’n ma ge­word het. Teen die tyd dat moe­der­skap ge­kom het, was my on­der­ne­ming sterk ge­ves­tig.

Ek het 15 jaar er­va­ring in stra­te­gie­se be­mar­king. Ek was on­der meer al ’n lek­tor by U­ni­sa en het ma­te­ri­aal ont­wik­kel vir werk­ses­sies.

Ek het in 2003 my eie be­mar­kings­kon­sul­ta­sie­fir­ma be­gin. Ek wou on al­tyd klein on­der­ne­mings die kans gee om be­kos­tig­ba­re be­mar­kings­op­sies en na­vor­sing te kan ge­bruik. Ek het toe werk­ses­sies vir klein on­der­ne­mings be­gin ont­wik­kel.

Waar­om Mom­my Mall SA?

Ons eer­ste dog­ter­tjie is in 2010 ge­bo­re en ons t­wee­de in 2011. Die uit­da­gings om my on­der­ne­ming te be­stuur en ’n ge­sin te hê, was groot en ek het be­sluit om ’n vas­te pos in my eie maat­skap­py op te neem as ’n stra­teeg.

As ma het ek baie staat­ge­maak op so­si­a­le me­dia vir on­der­steu­ning en raad en het by fo­rums aan­ge­sluit. Só het ek ge­sien daar is ma’s met ou­li­ke i­dees en pro­duk­te. Baie van hul­le het pro­beer om die fo­rums te ge­bruik om hul pro­duk­te te be­mark. Die kul­tuur van fo­rums is om raad te vra en te gee. Men­se wil nie oor pro­duk­te lees nie. On­ge­luk­kig is daar ook ’n kul­tuur van kri­ti­seer en af­breek.

Ek het Mom­my Mall Ca­pe To­wn be­gin vir die ma’s. Ek wou vir eers net ma’s by­me­kaar bring om te be­gin koop en pro­duk­te be­kend te stel.

Hoe vin­nig het dit ge­groei?

Mom­my Mall is op 14 No­vem­ber 2014 be­gin. Daar was 30 men­se op dag een en toe la­ter 300 en ek was in die wol­ke daar­oor. Ná net vier we­ke was daar 1 000 le­de in Kaap­stad. Ek het toe ’n Mom­my Mall in el­ke groot stad in die land be­gin en die oor­hoof­se han­dels­merk ver­an­der in Mom­my Mall SA.

Bin­ne twee jaar het Mom­my Mall SA ge­groei tot 15 tak­ke met meer as 60 000 le­de. In 30 maan­de het ons teen 2 000 le­de per maand ge­groei son­der om te ad­ver­teer. Ma’s praat oor din­ge wat hul­le be­ïn­druk. Ons groei steeds met 2 000 le­de per maand.

Hoe pas jy ge­hal­te­be­heer toe?

Ons het ’n oor­een­koms wat ma’s moet aan­vaar voor­dat hul­le handel kan dryf. Jy mag by­voor­beeld geen geld­in­sa­me­lings ad­ver­teer of twee­de­hand­se pro­duk­te ver­koop nie.

Jou pro­duk moet han­dels­ge­rig wees en as jy nie hier­aan vol­doen nie, sal jy aan­ge­moe­dig word om by ons te koop, maar eer­der nie handel te dryf nie. Die vry­wil­li­gers is 24 uur aan boord, en ver­wy­der e­ni­ge toe­voe­gings op die blad wat nie aan die oor­een­koms vol­doen nie. Ons het ’n blad vir te­rug­voe­ring. Ek ge­bruik die te­rug­voe­rings­blad vir ge­hal­te­be­heer. Ver­skaf­fers wat sleg­te te­rug­voe­ring kry, word sum­mier van die blad ver­wy­der. Die mees­te groe­pe laat e­nig­ie­mand toe om e­nig­iets te ad­ver­teer. Mom­my Mall SA laat slegs ge­hal­te­han­del­dryf toe. Ek bied lei­ding en die vry­wil­li­gers neem dit dan ver­der in die groe­pe. Vry­wil­li­gers word op­ge­lei in vas­ge­stel­de rig­ly­ne wat ma’s moet volg, ge­mik op sa­ke­groei. Die for­mu­le is om ma’s se pro­duk­te te ver­be­ter en te help om dit ver­koop te kry. Ek leer hul­le om nie net ver­ko­pe na te jaag nie, maar eer­der hul han­dels­merk te ont­wik­kel, stel­sels in­ge­stel te kry om doel­tref­fend handel te dryf, hoe om te be­mark, pro­fes­si­o­neel te wees, ver­skaf­fers te kry en kli­ën­te te be­hou.

Wat is die im­pak op ma’s?

Daar is so­veel suk­ses­ver­ha­le oor ma’s wat by­voor­beeld ge­noeg geld kon be­gin maak om u­ni­ver­si­teits­gel­de te be­taal – in een ge­val vir die pa om ver­der te stu­deer! Dis ’n feit dat 90% van klein­sa­ke nie die eer­ste twee jaar sal oor­leef nie. In Mom­my Mall is daar tal­le sa­ke­on­der­ne­mings wat op Mom­my Mall be­gin het en ná twee jaar steeds aan die gang is.

Wat­ter drie les­se het jy ge­leer?

■ Ma’s kan die re­ëls van die sa­me­le­wing her­skryf om ’n be­ter toe­koms vir ons en ons kin­ders te skep. Ons kan saam­staan, ons kan han­de vas­hou in die sa­ke­wê­reld.

■ Een­drag maak mag – saam is ons krag­tig.

■ T­he­o­do­re Roo­se­velt het ge­sê: “Do w­hat you can, with w­hat you ha­ve, w­he­re you are.”

Na­o­mi B­ü­tow is pas te­rug uit A­me­ri­ka waar sy ’n in­ter­na­si­o­na­le kon­gres oor lei­er­skap in die klein­sa­ke­om­ge­wing by­ge­woon het. Fo­to: LI­A­NA MOC­KE

Wat maak dié kon­sep u­niek?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.