Ma­ria Ra­mos nou lid van Groep van Der­tig

Beeld - - Geklassifiseerd - Niel Jou­bert

Ma­ria Ra­mos, uit­voe­ren­de hoof van Bar­clays A­fri­ca, het lid ge­word van die ge­sag­heb­ben­de Groep van Der­tig (G30).

An­der be­ken­de le­de van die groep sluit in Ben Ber­nan­ke, voor­ma­li­ge voor­sit­ter van die A­me­ri­kaan­se Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad, Mark Car­ney, hoof van die Bank van En­ge­land, Mer­vyn King, voor­ma­li­ge hoof van die Bank van En­ge­land en Wil­li­am C. Dud­ley, hoof van die Fe­de­ra­le Re­ser­we­bank van New York.

Ra­mos is een van twee vrou­li­ke le­de. Die an­der is Gail Kel­ly, ’n raad­ge­wer van die A­me­ri­kaan­se raad op bui­te­land­se be­trek­kin­ge en se­ni­or in­ter­na­si­o­na­le raad­ge­wer van UBS.

Die G30 is in 1978 ge­stig en ’n pri­va­te, nie­wins­ge­wen­de in­ter­na­si­o­na­le lig­gaam wat be­staan uit se­ni­or lei­ers in die pri­va­te en o­pen­ba­re sek­to­re en die a­ka­de­mie. Lid­maat­skap is slegs per uit­no­di­ging.

Die G30 stel hom ten doel om die “be­grip van in­ter­na­si­o­na­le e­ko­no­mie­se en fi­nan­si­ë­le kwes­sies te ver­diep en die in­ter­na­si­o­na­le ge­vol­ge te on­der­soek van be­slui­te wat in die o­pen­ba­re en pri­va­te sek­to­re ge­neem word”.

Ja­cob A. F­ren­kel, voor­sit­ter van die G30 se raad van trus­tees, sê Ra­mos sal ’n “di­ver­se per­spek­tief en ’n sterk en in­vloed­ry­ke Suid-A­fri­kaan­se stem” na die lig­gaam bring.

“Sy het om­vang­ry­ke er­va­ring in die pri­va­te en o­pen­ba­re sek­tor wat ons werk en ge­sprek­ke sal be­voor­deel, van haar hui­di­ge po­si­sies as hoof van Bar­clays A­fri­ca en voor­sit­ter van die Bank­ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka, en haar vo­ri­ge rol as di­rek­teur-ge­ne­raal van Suid-A­fri­ka se na­si­o­na­le te­sou­rie,” sê F­ren­kel.

Ra­mos is ook ’n lid van die uit­voe­ren­de ko­mi­tee van die Wê­reld E­ko­no­mie­se Forum se in­ter­na­si­o­na­le sa­ke­raad.

Ma­ria Ra­mos, uit­voe­ren­de hoof van Bar­clays A­fri­ca.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.