Gar­sies bo teen Kem­pies

Beeld - - Sport - Ma­ri­us Nor­tjé

Die Ho­ër­skool Gars­fon­tein is steeds in die wed­loop om sy ti­tel as die Virsekerbeker-kam­pi­oen in die li­ga vir ma­kro­sko­le te ver­de­dig.

Gar­sies het die Ho­ër­skool Kemp­ton Park Sa­ter­dag by die Ho­ër­skool Cen­tu­ri­on in ’n wip­plank­stryd met 37-27 ge­klop.

Dié stryd was e­ni­ge sko­le­rug­by­lief­heb­ber se droom met al­bei s­pan­ne wat aan­skou­li­ke rug­by op­ge­dis het.

Gars­fon­tein het eer­ste toe­ge­slaan toe sy slot E­tien­ne Ter­blan­che gaan druk het.

Kort daar­na het Kem­pies se kook­wa­ter-ag­ter­lyn aan die gang ge­kom en die lin­ker­vleu­el, E­tien­ne Poult­ney, het ná ’n lang aan­gee van sy span­maat Quin­ton Fin­cham in die hoe­kie oor­ge­duik.

Gar­sies se ag­ter­lyn het ge­wys hy kan ook sy spie­re bult en die reg­ter­vleu­el, Al­len Kel­brick, het twee ver­de­di­gers be­sig ge­hou voor­dat hy oor is vir sy drie.

Kem­pies het te­rug­ge­slaan met ’n drie van sy eie en die wed­stryd was in die weeg­skaal met die tel­ling op 14-12.

Gars­fon­tein het met die rus­tyd met 27-17 voor­ge­loop.

Ná die om­draai­slag het Kem­pies sy veg­gees ge­wys en ’n ver­doel­de drie en ’n straf­doel het die tel­ling op 27-elk te staan ge­bring.

Kem­pies is eg­ter gou te­rug aar­de toe ge­bring toe Gars­fon­tein se heel­ag­ter, Ju­an­dré S­chee­pers, vir ’n drie in die hoe­kie oor­ge­duik het.

Ter­blan­che, wat vroeg in die eer­ste helf­te met ’n geel­kaart van die veld ge­stuur is, is met so­wat 12 mi­nu­te se speel­tyd oor weens ’n laat duik­slag weer met ’n geel­kaart ge­straf. Om­dat dit sy t­wee­de geel­kaart-oor­tre­ding in die wed­stryd was, is hy ou­to­ma­ties ’n rooi­kaart ge­wys.

Met 14 spe­lers op die veld moes Gar­sies wal­gooi. Kem­pies het aan­slag ná aan­slag op sy teen­stan­ders se doel­lyn ge­loods, maar die Gar­sie Be­re het ver­woed ge­keer.

Kem­pies kon net nie daar­in slaag om Gars­fon­tein se ver­de­di­ging oop te kloof nie en S­choom­bee het kort voor die eind­fluit­jie die uit­slag bo al­le twy­fel ge­plaas.

Gar­sies speel op 22 Au­gus­tus in die half­eind­ron­de teen die Ho­ër­skool Mo­nu­ment.

Fo­to: MA­RI­US NOR­TJÉ

Ja­co Goo­sen van die Ho­ër­skool Kemp­ton Park word net­net deur sy span­maat E­wardt S­teyn in die lug ge­hou om ’n bal van­af ’n in­skop te be­mees­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.