Woe­ries haal wind uit EG Jan­sen­sei­le

Beeld - - Sport - Ma­ri­us Nor­tjé

Een van die guns­te­lin­ge om die Virsekerbeker-sko­le­rug­by­reeks se li­ga vir ma­kro­sko­le te wen, die Ho­ër­skool Dr. EG Jan­sen, is Sa­ter­dag in sy kwart­eind­stryd teen die Ho­ër­skool Cen­tu­ri­on uit dié reeks ge­boen­der.

Cen­tu­ri­on het met ’n blits­oor­log aan die be­gin van die wed­stryd op sy tuis­veld die wind uit EG Jan­sen se sei­le ge­haal. Die Woe­ries, soos Cen­tu­ri­on be­kend­staan, het hul plek in die half­eind­ron­de met ’n se­ge van 33-26 be­spreek.

Voor­dat die be­soe­kers hul oë kon uit­vee, het Cen­tu­ri­on twee drieë en ’n straf­doel aan­ge­te­ken.

Cen­tu­ri­on se los­ska­kel, Et­han Went­zel, het sy span se re­ke­ning met ’n straf­doel ge­o­pen en mi­nu­te la­ter die Woe­ries se eer­ste drie ná ’n uit­ste­ken­de ag­ter­lyn­be­we­ging ge­druk.

Woe­ries het aan­hou­den­de druk uit­ge­oe­fen en kort ná Went­zel se drie het die ha­ker, Je­an-Pierre Ja­cobs, deur EG Jan­sen se ver­de­di­gings­li­nie ge­bars om on­der die pa­le te druk.

Cen­tu­ri­on het uit­ste­kend daar­in ge­slaag om EG Jan­sen se los­ska­kel en ge­ne­raal, Ru­ben Bey­tell, in toom te hou. Hy is geen be­weeg­ruim­te ge­gun nie.

Die flank Wes­ley Noeth het die be­soe­kers se e­nig­ste pun­te in die eer­ste helf­te met ’n drie aan­ge­te­ken en die tuis­span het rus­tyd met ’n voor­sprong van 20-5 bin­ne­ge­gaan.

Wat die be­soe­kers se brei­ers­korps rus­tyd kwyt­ge­raak het, sal ’n mens nie weet nie. Maar EG Jan­sen het met die aan­vang van die t­wee­de helf­te die ti­pe rug­by op­ge­dis wat sko­le­rug­by­gees­drif­ti­ges oor die ja­re heen met hom be­gin ver­een­sel­wig het.

Die be­soe­kers het die bal na wil­le­keur be­gin rond­gooi.

Dié be­na­de­ring het vrug­te af­ge­werp en EG was te­rug in die prent­jie ná twee ver­doel­de drieë. Met die tel­ling op 20-19 in Cen­tu­ri­on se guns, het die af­rig­ters en on­der­steu­ners be­gin na­els kou.

Woe­ries het la­er ge­trek en van­af ’n lyn­staan na­by aan EG Jan­sen se doel­lyn het hul voor­spe­lers ge­dryf en Li­an Bo­tha die ge­leent­heid ge­gee om te druk.

Went­zel het met twee straf­doe­le ge­slaag en die tuis­span se buf­fer na 14 pun­te ge­rek.

Kort voor die eind­fluit­jie het EG ’n laas­te po­ging aan­ge­wend en Kee­nen Oe­lof­se het ná vol­ge­houe druk vir ’n drie oor­ge­duik. Met ’n pun­te­ver­skil van slegs se­we, het EG al­les pro­beer om deur die Woe­ries se ver­de­di­ging te bars. Maar die tuis­span het vas­ge­klou om ’n skok­se­ge te be­haal. Cen­tu­ri­on ver­trek Sa­ter­dag na die Laeveld om die Ho­ër­skool Nel­spruit in die half­eind­ron­de aan te durf.

Fo­to: MA­RI­US NOR­TJÉ

Ke­vin Os­bor­ne, heel­ag­ter van die Ho­ër­skool Cen­tu­ri­on, maak reg om vir D­way­ne Fou­rie van Dr. EG Jan­sen af te stamp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.