Nel­spruit se R­hi­nos klop Men­lo­park om half­eind­ron­de te haal

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Die Ho­ër­skool Nel­spruit se R­hi­nos het Sa­ter­dag sy teen­stan­ders van die Ho­ër­skool Men­lo­park se fou­te tot só ’n ma­te uit­ge­buit dat hy sy kwart­eind­stryd oor­tui­gend met 36-0 ge­wen het.

Dié se­ge in Nel­spruit be­te­ken dat die R­hi­nos tot die half­eind­ron­de van die Vir­se­ker­be­kersko­le­rug­by­toer­nooi se li­ga vir ma­kro­sko­le deur­ge­dring het.

Die tuis­span was Sa­ter­dag een­vou­dig te kli­nies vir die be­soe­kers uit P­re­to­ria.

Men­lo­park het baie han­teer­fou­te be­gaan en Nel­spruit het dié fou­te el­ke slag uit­ge­buit.

Rein­hard Roets, Nel­lies se lin­ker­vleu­el, het twee drieë ge­druk. Re­nier Tro­s­kie, flank en een van sy span se uit­blin­kers, het ook twee keer gaan druk.

Pierre Jou­bert, Men­lo­park se los­ska­kel, en Je­an­dré Fer­rei­ra, die slot, kan al­bei baie trots op hul ver­to­nings wees.

■ Die an­der kwart­eind­stryd wat in M­pu­ma­lan­ga ge­speel is, was ’n baie taai­er af­fê­re.

Die Ho­ër­skool Mo­nu­ment van Kru­gers­dorp moes swoeg om HTS Mid­del­burg met 19-13 te klop.

■ Die Help­me­kaar Kol­le­ge het sy plek in die half­eind­ron­de van die groots­ko­le-li­ga met ’n klin­ken­de se­ge van 45-10 oor die Hoer­skool Dr. Ma­lan be­spreek.

Hel­pies sal teen die Ho­ër­skool Oos-Moot, wat die Ho­ër­skool F­rik­kie Meyer met 37-33 ge­klop het, in die half­eind­stryd speel.

In die an­der half­eind­stryd sal die Pot­chef­stroom Gim­na­si­um met die in­druk­wek­ken­de Ho­ër­skool Trans­va­lia swaar­de kruis.

Fo­to: JO­HAN ORTON

SP Mul­ler, ha­ker van die Ho­ër­skool Nel­spruit, Sa­ter­dag in sy span se kwart­eind­stryd teen die Ho­ër­skool Men­lo­park in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.