Rooi­kaart ver­suur S­wys se bui­ging

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Daar lê nou ’n groot ka­rak­ter­toets vir die Goue Leeus voor, het S­wys de Bruin, die Rooi­bon­tes se brei­er, Sa­ter­dag ge­sê na­dat hy moes toe­kyk hoe sy bui­ging as die nu­we hoof­af­rig­ter deur sy span se ne­der­laag van 47-31 teen die Haaie op El­lis­park in Jo­han­nes­burg ver­suur word.

Dit is net die Pu­mas wat die Leeus uit die laas­te plek op die Cur­rie­be­ker-pun­te­lys hou, maar De Bruin sê hy gaan nie ek­stra druk op sy spe­lers plaas deur Vry­dag­aand se krag­me­ting op Nu­we­land in Kaap­stad teen die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie te sien as een wat ge­wen móét word nie.

“Dit is be­lang­rik dat ons nou kalm bly en nie pa­nie­ke­rig raak nie,” het hy ge­sê na­dat die Haaie 42 pun­te in die laas­te half­uur aan­ge­te­ken het om die voor­tou op die pun­te­lys te neem.

“In daar­die eer­ste helf­te (die Leeus was rus­tyd met 24-5 voor) het ons van die bes­te rug­by ge­speel wat ek ’n Leeus-span in ’n baie lang tyd ge­sien speel het. Dit was uit­ste­kend,” sê De Bruin.

“Ons het al­les reg ge­doen in daar­die helf­te en ook van hul lyn­staan­bal­le ge­steel. Die rooi­kaart het al­les ver­an­der,” het hy ge­sê oor die voor­val waar­in die ha­ker, Rob­bie Coet­zee, met ’n half­uur oor van die veld ge­jaag is.

Toe die s­pan­ne kan­te ruil, wou dit nog lyk as­of die nu­we af­rig­ting­se­ra vir die Leeus op ’n tri­om­fan­te­li­ke noot sou af­skop.

Hul spel en die rus­tig­heid en doel­tref­fend­heid waar­mee hul­le din­ge ge­doen het, was in daar­die sta­di­um ’n o­pen­ba­ring.

Om ’n spe­ler min­der te hê vir die laas­te half­uur, het die wind heel­te­mal uit hul sei­le ge­neem.

Be­se­rings aan hul kap­tein en agt­ste­man, Ry­an Kan­kow­ski, as­ook die skrum­ska­kel Dil­lon S­mit kan die Leeus ver­der kort­wiek voor die be­soek aan Kaap­stad, ter­wyl ’n moont­li­ke skor­sing Coet­zee nou in die ge­sig staar.

Ver­der moet ’n uit­tog van spe­lers ook nog die hoof ge­bied word, met ge­rug­te dat die stut Cor­né Fou­rie sy rug­by in Frank­ryk wil voort­sit en die sen­ter Ja­c­ques Nel ook op pad is Port E­li­za­beth toe om daar vir die Kings in die Eu­ro­pe­se Pro14-reeks te speel.

De Bruin wou nie Sa­ter­dag­aand be­ves­tig of hier­die twee spe­lers vir die Leeus ver­lo­re gaan wees nie.

Die span­be­stuur­der, Mus­tapha Boom­gaard, het ge­sê die u­nie be­hou hom die reg voor om al­le spe­lers te be­hou, en dat geen be­sluit ge­neem is oor wie af­ge­staan gaan word nie.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ro­bert Kru­ger van die Goue Leeus pro­beer deur die Haaie se ver­de­di­gings­li­nie bars in dié s­pan­ne se Cur­rie­be­kerkrag­me­ting Sa­ter­dag op El­lis­park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.