G­rie­kwas het nou ge­loof

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok Straf­doe­le:

G­rie­kwas se oor­win­ning oor die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie vroe­ër ver­le­de week het die span laat glo dat hy ook die Vry­staat-C­hee­tahs kan klop.

So het die Pou­blou­es se af­rig­ter, Pe­ter Eng­le­dow, ge­sê na­dat sy span éérs die WP Woens­dag in Kim­ber­ley met 44-34 en toe die Vry­staat met 30-25 Sa­ter­dag in Bloem­fon­tein ver­slaan het.

“Daar is hard en reg­uit ge­praat ná die ne­der­laag die vo­ri­ge week teen die Haaie in Dur­ban (toe G­rie­kwas met 41-3 af­ge­ran­sel is). Ons het ge­weet as ons nie be­gin wen nie, ons in die moei­lik­heid gaan wees,” sê Eng­le­dow.

Dít kom na­dat die Pou­blou­es in sy eer­ste twee Cur­rie­be­ker­wed­stry­de teen die Blou Bul­le (45-51) en die Goue Leeus (43-48) ook vas­ge­val het.

“Toe ons die WP ge­klop het, was daar ’n ge­loof on­der die spe­lers dat ons ook teen die Vry­staat kan wen,” sê hy.

Dit is die Pou­blou­es se eer­ste Cur­rie­be­ker-oor­win­ning oor die C­hee­tahs in Bloem­fon­tein se­dert 2009. Daar­die dag in 2009 was die Pou­blou­es met 28-18 baas.

Die C­hee­tahs se sen­ter JW Jonker is die e­nig­ste spe­ler van daar­die wed­stryd wat weer Sa­ter­dag in ak­sie was. Hy het des­tyds as plaas­ver­van­ger vir Meyer Bos­man op die veld ge­gaan.

Eng­le­dow was ver­al be­ïn­druk met die spel van die plaas­ver­van­ger-agt­ste­man, De Wet Kru­ger, wat be­ne­wens die twee drieë wat hy ge­druk het ’n sterk fi­sie­ke teen­woor­dig­heid ge­had het. “Ek was eer­lik met De Wet. Ek het vir hom ge­sê as hy nie goeie ver­to­nings le­wer nie, gaan hy nie weer ’n kon­trak kry nie.”

Die oor­win­ning het eg­ter ook sleg­te nuus ge­bring. Die stut E­wald van der West­hui­zen gaan drie tot ses maan­de langs die kant­lyn deur­bring met ’n knie­be­se­ring wat hy op­ge­doen het.

Die veel­sy­di­ge ag­ter­spe­ler Koch Marx (knie) en die sen­ter Ky­le S­teyn (en­kel), wat al­bei die laas­te paar we­ke met be­se­rings ge­suk­kel het, be­hoort eg­ter al­bei oor­weeg te kan word vir die na­week se krag­me­ting met die Pu­mas in Kim­ber­ley.

Die vleu­el Als­haun Bock, wat nog nie sy te­rug­keer tot die rug­by­veld ge­maak het nie se­dert hy as leen­spe­ler vir die Kings in die Su­per­rug­by­reeks uit­ge­draf en ’n arm­be­se­ring op­ge­doen het, be­hoort oor twee we­ke sy te­rug­keer te maak.

■ dré Swarts, De Wet Kru­ger (2).

Swarts (2), Ge­or­ge W­hi­te­he­ad.

Swarts (2), W­hi­te­he­ad.

Pun­te­ma­kers: G­rie­kwas 30 (6): Drieë: Doel­skop­pe: Straf­doe­le:

C­hee­tahs 25 (17): Drieë: Doel­skop­pe:

An­

Niell Jor­daan (2), Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi. Ryno Ek­steen (2). Ek­steen, Clay­ton Blom­me­tjies.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ru­an Bo­tha, die Haaie se slot en kap­tein, Sa­ter­dag teen die Goue Leeus op El­lis­park in ak­sie.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

De Wet Kru­ger bars oor die doel­lyn vir een van sy drieë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.