Kir­sten­be­se­ring sout in Bul­le se wond

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell Doel­skop: Straf­doe­le:

Die sout in die diep wond wat die Blou Bul­le se ne­der­laag teen die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie Sa­ter­dag op Nu­we­land ge­laat het, is dat hul­le straks vir et­li­ke we­ke son­der die staat­ma­ker-flank Jan­nes Kir­sten oor die weg moet kom.

Nollis Marais, die Bul­le se af­rig­ter, het ná sy span se ne­der­laag van 34-45 in hul Cur­rie­be­ker-wed­stryd op Nu­we­land be­ves­tig dat Kir­sten en­kel­li­ga­men­te be­seer het.

Daar be­hoort van­dag meer dui­de­lik­heid te wees oor hoe erns­tig dié be­se­ring is.

Vir die Bul­le, wat ’n na­re week ag­ter die rug het met ne­der­lae teen die Haaie en die WP, is dít ’n groot te­rug­slag. Flan­ke wat die bal so lek­ker soos Kir­sten kan dra, vind jy im­mers nie om el­ke hoek en draai nie.

“Ons los­voor­spe­lers is yl ge­saai. Ons het ’n paar nr. 6-flan­ke, maar nie veel groot bal­dra­ers nie,” sê Marais.

“Ge­luk­kig het Tim A­ga­ba die af­ge­lo­pe week by ons aan­ge­sluit en sal hy vo­ren­toe be­skik­baar wees. Hy’s ’n sterk, vin­ni­ge bal­dra­er en sal mooi in­pas by hoe ons wil speel. Boon­op sal hy ’n goeie lyn­staan­keu­se wees.”

Ter­wyl Marais te­leur­ge­steld was met sy span se ver­to­ning teen die WP, was daar tog vir hom lig­pun­te in die te­rug­veg­po­ging wat sy span in die t­wee­de helf­te ge­le­wer het.

Die Bul­le was met die rus­tyd met 13-42 ag­ter, maar het die WP in die t­wee­de helf­te am­per van be­gin tot ein­de teen die toue ge­had.

“Ek het met rus­tyd vir die ou­ens ge­sê jy het ’n keu­se in die le­we – of jy gaan lê of jy staan op en wys ka­rak­ter. Daar is baie jong man­ne in die span en hul­le het reg­tig goed ge­doen deur te­rug te ba­klei,” sê Marais.

“Ek het met 12 mi­nu­te oor ge­dink ons kan die wed­stryd wen. Daar was twee ge­val­le waar ons net die bal moes laat loop het en dan sou ons mak­li­ke drieë ge­druk het. As die tel­ling 41-45 was, sou e­nig­iets moont­lik ge­wees het.”

Die Bul­le se dood­steek was ui­t­ein­de­lik ’n eer­ste helf­te waar­in die WP se­ker van sy bes­te rug­by in ja­re ge­speel het. Die tuis­span het kon­tak oor­heers, die sep­ter in die vas­te fa­set­te ge­swaai en sy ag­ter­spe­lers het heer­lik met die bal bal­jaar.

Marais het die WP lof toe­ge­swaai, maar is ter­self­der­tyd nie in sy nop­pies met sy span se ver­de­di­ging nie. Die Bul­le het in hul vier wed­stry­de in van­jaar se reeks reeds 140 pun­te af­ge­staan.

“Ver­de­di­ging is ’n a­rea wat baie aan­dag moet kry. Ons pro­beer ’n nu­we stel­sel ves­tig. Dit gaan tyd neem, maar ons moet daar­mee vol­hard. In­dien nie, sal ons vo­ren­toe en in aan­staan­de jaar se Su­per­reeks suk­kel,” sê hy.

“Ons speel goeie aan­val­len­de rug­by, maar moet die ba­lans vind. Al die s­pan­ne wil aan­val­len­de rug­by speel, maar nie al­mal bring dít en ver­de­di­ging by me­kaar uit nie.”

‘‘

Ek het met 12 mi­nu­te oor ge­dink ons kan die wed­stryd wen.

— NOLLIS MARAIS

Pun­te­ma­kers: Wes­te­li­ke Pro­vin­sie 45 (42): Drieë:

Ni­zaam Carr, Da­mi­an Wil­lem­se, SP Marais, Se­a­be­lo Se­nat­la (2), S­car­ra N­tu­be­ni. Marais (6). Marais. Piet van Zyl, Ke­fent­se Mahlo (2), Jo­han Grob­be­laar. To­ny Jan­tjies (3), Josh S­tan­der. Jan­tjies (2).

Doel­skop­pe: Straf­doel: Blou Bul­le 34 (3): Drieë:

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Bul­le sal in die ko­men­de we­ke son­der Jan­nes Kir­sten oor die weg moet kom. Hy is be­seer in die Cur­rie­be­ker­stryd teen die WP op Nu­we­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.