Haai­se­ge was nes spro­kie, sê Ro­bert

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Daar­die t­wee­de helf­te was soos ’n spro­kies­ver­haal, het Ro­bert du P­reez, die Haaie se af­rig­ter, Sa­ter­dag­aand ge­sê na­dat sy span ’n merk­waar­di­ge te­rug­veg­po­ging ge­le­wer het om die Goue Leeus in hul Cur­rie­be­ker-wed­stryd op El­lis­park in Jo­han­nes­burg met 47-31 te klop.

Met ’n half­uur se spel oor, was die Dur­ba­nie­te nog met 31-5 ag­ter, maar het daar­na 42 pun­te aan­ge­te­ken son­der om een af te staan en een van die groot­ste om­me­swaaie in ja­re in Cur­rie­be­ker-rug­by te be­werk­stel­lig.

“Dit is fan­tas­ties om hier op El­lis­park te kon wen. Dit is my eer­ste oor­win­ning hier as ’n af­rig­ter en vir mees­te van die spe­lers die eer­ste keer dat hul­le hier as oor­win­naars van die veld kon stap,” het Du P­reez te­vre­de ge­sê.

“Dit was ’n goeie week vir ons,” het hy ge­sê van die drie oor­win­nings wat sy span bin­ne agt dae be­haal het, waar­van twee teen on­der­skei­de­lik die Blou Bul­le en die Leeus boon­op op die Ho­ë­veld was.

Die Haaie is nou die nu­we voor­lo­per op die pun­te­lys en vir Du P­reez gaan dit be­lang­rik wees dat hul­le be­sten­dig­heid be­hou.

Na­dat die Leeus in die eer­ste helf­te ’n voor­sprong van 24-0 op­ge­bou het en die be­soe­kers in daar­die sta­di­um van hul voe­te af ge­hard­loop het, kon nie­mand voor­sien wat­ter dramatiese om­me­keer sou volg nie. Die rooi­kaart wat die Leeus se ha­ker, Rob­bie Coet­zee, met ’n half­uur se spel oor ge­kry het, was die keer­punt in die wed­stryd.

Daar­na het die Haaie nog vyf drieë ge­druk son­der dat die Leeus hul deel van die tel­bord kon laat be­weeg.

“Al­les het ver­keerd ge­loop vir ons in daar­die eer­ste helf­te,” sê Du P­reez.

“Ons het heel­te­mal te veel fou­te ge­maak en ons moes ook ons vas­te fa­set­te in die t­wee­de helf­te uit­sor­teer.”

Met Coet­zee van die veld het die Haaie be­heer ge­neem van die skrums en die Leeus daar ver­woes, tot­dat daar in die laas­te tien mi­nu­te van on­be­twis­te skrums ge­bruik ge­maak moes word.

Du P­reez glo ’n be­lang­ri­ke oom­blik was die drie (Te­ra M­tem­bu), wat hul­le met die laas­te be­we­ging van die eer­ste helf­te ge­druk het en na­dat die toe­ter reeds ge­blaas het.

“Dit het ons da­rem iets ge­gee om aan vas te klou,” sê Du P­reez.

Hy er­ken hy moes hom­self in daar­die laas­te half­uur by tye – toe dit ge­lyk het as­of sy span om­trent die e­nig­ste een op die veld was – knyp om te be­sef hy is nie be­sig om te droom nie.

■ Te­ra M­tem­bu, Ja­c­ques Ver­meu­len (2), Straf­drie, Lou­is S­chreu­der, John­Hu­bert Meyer, Kee­gan Da­niel. Garth A­pril (5).

Ro­han Jan­se van Rens­burg, Ja­c­ques Nel, An­tho­ny Vol­mink, Mar­co Jan­se van Vu­ren, Fa­bi­an Booy­sen. Doel­skop­pe: Ja­co van der Walt (3).

Pun­te­ma­kers: Haaie 47 (5): Drieë:

Doel­skop­pe: Leeus 31 (24): Drieë:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.