SA Sko­le­span moet slim­mer speel

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Die oor­gre­tig­heid om van e­ni­ge plek op die veld te pro­beer hard­loop, sal vin­nig deur die af­rig­ting­span van die Suid-A­fri­kaan­se S­ko­le­rug­by­span ge­tem­per moet word.

Die SA Sko­le­span is vroeg op die ag­ter­voet in van­jaar se vier­hoe­ki­ge in­ter­na­si­o­na­le reeks vir o.19-s­pan­ne na­dat hy Vry­dag met 28-30 teen Wal­lis ver­loor het.

Die uit­druk­king op Lan­ce Sen­din, die af­rig­ter, se ge­sig ná die wed­stryd was soos dié van ie­mand wat pas iets waar­de­vols ver­loor het.

Vir groot de­le van Vry­dag se krag­me­ting op Paul Roos Gim­na­si­um se Mar­k­öt­ter­veld, het Sen­din se span die pas aan­ge­gee.

Hul­le het dit reg­ge­kry om meer drieë (drie teen­oor twee) as die be­soe­kers te druk, maar Sen­din glo dit kon selfs meer ge­wees het as sy jong Tur­ke net koel­kop kon bly en vroe­ër in die wed­stryd be­sluit het om op an­der ma­nie­re die tel­ling­hou­er be­sig te hou.

“Ons was net nie kli­nies ge­noeg nie,” sê Sen­din. “Daar is ho­pe­loos te veel be­sit af­ge­staan wan­neer ons ons­self in guns­ti­ge po­si­sies be­vind het om pun­te aan te te­ken.”

Sen­din is ook be­kom­merd oor die ge­tal straf­skop­pe wat sy span in sy eer­ste wed­stryd af­ge­staan het.

Die jong Dra­ke het ver­al in die eer­ste helf­te hier­uit munt ge­slaan met die los­ska­kel Cai E­vans wat met vier straf­doel­po­gings ge­slaag het.

Daar was wel oor­ge­noeg kan­se vir die Suid-A­fri­kaan­se skool­seuns om ook pa­le toe te kor­rel, maar hul­le het ver­kies om el­ke keer die kant­lyn op te soek.

In die t­wee­de helf­te het Sen­din se troe­pe meer vol­was­se be­slui­te op die veld be­gin neem deur ook pa­le toe te kor­rel. In sy der­de sei­soen as af­rig­ter op SA S­ko­le­vlak, weet Sen­din eg­ter dat jy nie kan be­kos­tig om 15 straf­skop­pe af te staan en hoop om ’n wed­stryd te wen nie.

“Ons dis­si­pli­ne het ons in die steek ge­laat,” er­ken hy.

“Wal­lis het van­jaar ’n goeie pak voor­spe­lers en ’n goeie los­ska­kel en hul­le het ons fou­te uit­ge­buit.

“Ons het te laat in die wed­stryd wak­ker ge­skrik, maar da­rem ka­rak­ter ge­wys deur ’n te­rug­veg­po­ging te be­gin.”

Die SA Sko­le­span sal mô­re by Paarl Gim­na­si­um poog om op die wen­pad te kom.

Hy kom dan teen Frank­ryk, wat met 8-24 teen En­ge­land vas­ge­val het, te staan.

Die pro­gram vir mô­re is: 14:00: En­ge­land t. Wal­lis. 16:00: SA S­ko­le t. Frank­ryk.

Al­bei krag­me­tings word reg­streeks op Su­perS­port 1 uit­ge­saai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.