Cook gee keur­ders stof tot na­den­ke

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Ter­wyl al die aan­dag op die jong bok Ai­den Mar­kram ge­ves­tig is as ’n moont­li­ke kan­di­daat om die rol as aan­vangs­kol­wer in die Suid-A­fri­kaan­se krie­ket­span te ver­vul, het die ou ram S­te­phen Cook die bood­skap uit­ge­stuur dat daar nie van hom ver­geet moet word nie.

Cook, wat die t­rek­pas ge­kry het as toets-aan­vangs­kol­wer vir die pas af­ge­lo­pe reeks in En­ge­land, het sy kolf die af­ge­lo­pe na­week die praat­werk laat doen in die eer­ste van twee vier­daag­se wed­stry­de teen In­dië A by die Tuks-o­vaal in P­re­to­ria.

Hy het sy 120 (252 bal­le, 8x4) vir Suid-A­fri­ka A in die eer­ste beurt op­ge­volg met ’n on­oor­won­ne 32 in die t­wee­de beurt. Hy maak dit baie dui­de­lik dat hy op 34-ja­ri­ge ou­der­dom weer sy toets­plek wil te­rug­hê.

Suid-A­fri­ka A is vol­ko­me in be­heer van hier­die krag­me­ting en be­gin die der­de dag met ’n voor­sprong van 292 lo­pies en al tien paal­tjies in die bank.

Na­dat die tuis­span 346 in sy eer­ste beurt ge­kry het, is In­dië A gis­ter­mid­dag in slegs 39 boul­beur­te vir 120 uit­ge­boen­der. Hul beurt het ramp­spoe­dig be­gin met al­bei aan­vangs­kol­wers te­rug in die kleed­ka­mer met net een lo­pie op die tel­bord.

Eers het Ra­vi­ku­mar Sa­mirth (0) sy paal­tjie op ’n skink­bord weg­ge­gee toe hy ’n U-draai moes maak ná ’n mis­ver­stand met sy kolf­maat, Is­han Kis­han (0), en hy ge­mak­lik uit­ge­hard­loop is.

Die links-snel­bou­ler Beuran Hen­dricks (3/23) het die vroeë ska­de help aan­rig en dit was ui­t­ein­de­lik net Shrey­as Iy­er (31) en Vi­jay S­han­kar (26), voor­dat hy be­seer is, wat die boul­werk so ef­fe kon baas­raak.

Be­ne­wens Hen­dricks het die weg­bre­ker Da­ne Piedt (3/32) ook die kol­wers hoof­bre­kens be­sorg.

Hy het ver­al die on­e­we­re­di­ge wip op die blad uit­ge­buit en waar par­ty af­le­we­rings kwaai ge­spring het, het an­der weer baie laag deur­ge­skiet.

Cook en Mar­kram (34*) sit die Suid-A­fri­ka­ners se t­wee­de beurt van­og­gend voort op 66/0 en die In­di­ërs kan hul­le maar reg­maak om ’n to­taal te moet jaag wat ge­wis bui­te hul be­reik sal wees.

Fo­to: GALLO IMAGES

S­te­phen Cook kook met die kolf in die vier­daag­se stryd tus­sen Suid­A­fri­ka A en In­dië se naas­bes­tes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.