C­hel­sea kry die Blu­es met in­trap­slag van nu­we sei­soen

Beeld - - Sport - – bbcsport.com en skysports.com

’n Droe­wi­ge be­gin vir C­hel­sea in die nu­we En­gel­se P­re­mier­liga­sei­soen, Tot­ten­ham Hot­spur, Ar­se­nal, Man­ches­ter Ci­ty en Man­ches­ter U­ni­ted wat vroeg­vroeg hul spie­re bult en ’n doel vir E­ver­ton se ver­lo­re seun, Way­ne Roon­ey.

C­hel­sea, ver­le­de sei­soen se kam­pi­oen­span, is Sa­ter­dag op die t­wee­de dag van dié nu­we sei­soen se En­gel­se P­re­mier­liga met 3­2 deur Burn­ley ge­skok na­dat die Blu­es se Ga­ry Ca­hill en Cesc Fa­bre­gas die t­rek­pas ge­kry het.

S­purs, wat ver­le­de sei­soen t­wee­de ge­ëin­dig het, se twee doe­le gis­ter teen Ne­w­cas­t­le is deur De­le Al­li en Ben Da­vies aan­ge­te­ken na­dat Jon­jo S­hel­vey, kap­tein van die Mag­pies, ’n rooi­kaart ge­kry het.

“(S­hel­vey) het ’n fout be­gaan. Ho­pe­lik sal hy daar­uit leer. Hy weet dat hy ’n fout be­gaan het en het om ver­sko­ning ge­vra, maar dit ver­an­der niks nie,” het Ra­fa Be­ni­tez, Ne­w­cas­t­le se af­rig­ter, ge­sê.

Die Tot­ten­ham­baas, Mau­ri­cio Po­chet­ti­no, het die oor­win­ning as “mas­sief” be­skryf.

Daar was ook ’n puik oor­win­ning vir Man­ches­ter U­ni­ted, wat West Ham gis­ter met 4­0 oor­rom­pel het na­dat Ro­me­lu Lu­ka­ku van Bel­gië twee doe­le in sy de­buut aan­ge­te­ken het.

Man­ches­ter Ci­ty het B­rig­h­ton & Ho­ve Al­bi­on Sa­ter­dag met 2­0 ge­klop en Li­ver­pool en Wat­ford het met 3­3 ge­lyk­op ge­speel.

Ar­se­nal het reeds Vry­dag­aand Lei­ces­ter Ci­ty met 4­3 ge­klop.

C­hel­sea se af­rig­ter­baas, An­to­nio Con­te, het ge­sê hy is nie be­kom­merd oor die klub se klaar­blyk­li­ke on­ver­moë om van die bes­te spe­lers na die Blu­es te lok nie, ver­al na­dat hul­le John Ter­ry en Ne­man­ja Ma­tic aan an­der klubs af­ge­staan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.