Cas­ter span kroon

Beeld - - Sport - Wim Pretorius

Dis be­ves­tig: Suid-A­fri­ka is weer ’n land om mee re­ke­ning te hou in wê­reldat­le­tiek.

As daar nog e­ni­ge twy­fel hier­oor was, het Cas­ter Se­me­nya dit gis­ter­aand fi­naal uit die weg ge­ruim toe sy weer as die wê­reld­kam­pi­oen in die 800 m ge­kroon is na­dat sy in 1:55.16 ge­wen het.

Dit was die voor­ste tyd in die wê­reld in 2017.

Fran­ci­ne Niyon­sa­ba van Bu­run­di was t­wee­de in 1:55.92, met A­jee Wil­son van die VSA in die der­de plek in 1:56.65.

Se­me­nya het die kroon ge­span op Suid-A­fri­ka se suk­ses­vol­ste aan­slag nog by die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) se Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe.

Vroe­ër gis­ter het Le­bo­gang S­han­ge op die laas­te og­gend van die by­een­koms ’n vier­de plek in die 20 km-sta­pi­tem be­haal.

Hy het sy eie Suid-A­fri­kaan­se re­kord met sy tyd van 1:19:04 oor­tref.

Teen gis­ter­aand het SuidA­fri­ka ses me­dal­jes (drie goud, een sil­wer en twee brons) in die sak­kie ge­had en die der­de plek op die me­dal­je­lys be­klee (met die druk­tyd). Dit het SuidA­fri­ka se vo­ri­ge bes­te ver­to­ning van vier me­dal­jes by ’n Wê­reld­by­een­koms (Pa­rys in 2003) reeds oor­tref.

Suid-A­fri­ka het toe se­wen­de op die al­ge­he­le me­dal­je­lys ge­ein­dig na­dat He­strie Cloe­te en Ja­c­ques F­rei­t­ag al­bei as die hoog­spring-wê­reld­kam­pi­oen ge­kroon is, ter­wyl Oc­kert B­rits (paal­spring) ’n sil­wer­me­dal­je ge­wen en M­bu­la­e­ni Mu­lau­d­zi (800 m) brons ge­kry het.

Way­de van Niekerk het van­jaar in Lon­den sy wê­reld­ti­tel in die 400, wat hy in 2015 in Bei­jing ge­wen het, ver­de­dig, ter­wyl die Bloem­fon­tei­ner ’n suk­ses­vol­le per­soon­li­ke aan­slag af­ge­sluit het deur in sy vier­de wed­loop in so­veel dae die sil­wer­me­dal­je in die 200 in te palm.

Lu­vo Ma­nyon­ga het SuidA­fri­ka se eer­ste goue me­dal­je by ’n Wê­reld­by­een­koms in die ver­spring ge­wen, ter­wyl Rushwahl Sa­maai met die brons­me­dal­je in die­self­de i­tem spog.

Bui­ten Se­me­nya se goud in die 800, het sy vir die eer­ste keer op ’n in­ter­na­si­o­na­le by­een­koms aan die 1 500 deel­ge­neem en der­de ge­ëin­dig.

’n Te­kort aan dra­ma was daar be­slis nie. Die fi­as­ko rond­om die keu­rings­pro­ses van At­le­tiek Suid-A­fri­ka (ASA) laat ’n mens net won­der wat som­mi­ge van die at­le­te wat tuis­ge­bly het moont­lik in Lon­den kon ver­mag het.

Dan was daar ook die te­leur­stel­ling wat die jong na­el­lo­pers T­han­do Ro­to en Cla­ren­ce Muny­ai moes be­leef. Ro­to het te vroeg weg­ge­spring in sy

100 -uit­dun, ter­wyl Muny­ai in sy 200 -uit­dun om die draai op die lyn ge­trap en ook ge­dis­kwa­li­fi­seer is. Sy tyd was vin­nig ge­noeg om tot die half­eind­ron­de deur te dring.

En steeds kan die at­le­te hul kop­pe om­hoog hou. Want voor die Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe was dit reeds dui­de­lik dat hier­die klein land wat aan die punt van A­fri­ka lê be­sig is om ’n at­le­tiek-re­nais­san­ce te be­leef.

Heel­wat Suid-A­fri­ka­ners tel van­jaar on­der die top-10 in hul on­der­skeie i­tems in die wê­reld.

By die o.18-Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe in Ju­lie het Suid-A­fri­ka eer­ste op die me­dal­je­lys ge­ëin­dig met 11 me­dal­jes (vyf goud, drie sil­wer en drie brons). Hoe­wel die VSA, B­rit­tan­je, Aus­tra­lië, Nieu-See­land, Ka­na­da, Ja­pan, Suid-Ko­rea en I­ta­lië ont­trek het aan die by­een­koms wat in Nai­ro­bi, Ke­nia ge­hou is, het die Suid-A­fri­ka­ners hul v­rees vir moont­li­ke ter­reur­aan­val­le op­sy ge­skuif en aan die wê­reld hul staal ge­wys.

Fo­to: AP

Cas­ter Se­me­nya het gis­ter­aand Suid­A­fri­ka se der­de goue me­dal­je by die Wê­reld­by­een­koms in Lon­den ver­o­wer met ’n skit­terse­ge in die 800 m­wed­loop. Dit was ook haar der­de wê­reld­ti­tel. Sy spog ook met twee goue O­lim­pie­se me­dal­jes in dié i­tem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.