‘Top­fiks’ T­re­vor kan Poe­mas in skrums laat knor

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Die veel­sy­di­ge voor­ry­man T­re­vor Ny­a­ka­ne is slag­ge­reed om die ver­woes­ting wat hy vroe­ër van­jaar vir die Bul­le in die Su­per­rug­by-reeks teen die Ja­gua­res ge­saai het teen die Ar­gen­tyn­se na­si­o­na­le span voort te sit.

Die Bok­ke skop Sa­ter­dag hul veld­tog in die Rug­by­kam­pi­oen­skap in Port E­li­za­beth teen die Poe­mas af.

Mat­thew Proud­foot, die S­pring­bok­ke se skrum­dok­ter, sê Ny­a­ka­ne se fiks­heid is ver­bly- dend al het dié spe­ler al van­jaar ’n paar wed­stry­de weens be­se­rings mis­ge­loop.

Die 28-ja­ri­ge Ny­a­ka­ne het ty­dens die Su­per­reeks on­der meer met ’n skou­er- en ’n pols­ge­wrig­be­se­ring ge­suk­kel.

“Die een ding van T­re­vor is dat hy me­de­din­gend is. As jy na sy fiks­heid kyk, is dit dui­de­lik,” het Proud­foot ge­sê.

“Al­lis­ter het hoë tei­kens aan hom ge­stel en hy het dit be­reik en dit sê baie vir T­re­vor se mo­ti­ve­ring.”

Vol­gens Proud­foot is Ny­a­ka­ne so goed ge­mo­ti­veerd dat dit sy self­ver­troue ook ’n hup­stoot ge­gee het.

“Om­dat hy so ge­mo­ti­veerd is en so hard werk, help dit hom met die self­ver­troue wat hy dalk nie ge­had het om­dat hy dalk nie so­veel tyd op die veld ge­had het nie,” het Proud­foot ge­sê.

Die Bok-hulp­af­rig­ter het ge­sê Ny­a­ka­ne het ook baie goed ver­toon in ver­le­de week se skrum­ses­sies toe hy aan die vas­kop­kant in­ge­span is.

Die brei­er het al ver­le­de jaar ge­sê Ny­a­ka­ne kan ’n groot rol by die Bok­ke speel om­dat hy op vas­kop- én los­kop­stut ge­bruik kan word.

Sy veel­sy­dig­heid maak hom ver­al ’n se­ker keu­se vir oor­se­se toe­re – mits hy fiks is.

Hoe­wel Ny­a­ka­ne, wat al 28 toet­se ge­speel het, in­tus­sen hier en daar op vas­kop ge­suk­kel het, was daar ook baie om oor op­ge­won­de te raak.

Nollis Marais, wat die Bul­le in die af­ge­lo­pe Su­per-reeks af­ge­rig het, was ver­al in sy nop­pies met Ny­a­ka­ne se spel vroeg in die reeks teen die Ja­gua­res op Lof­tus.

“Ek voel T­re­vor het een van sy bes­te ver­to­nings in die skrum én op die ver­de­di­ging ge­had,” het Marais toe ge­sê.

“Jy skop nie ’n spe­ler van sy ge­hal­te ag­ter el­ke bos uit nie.”

Marais het ge­sê daar was men­se wat skep­ties was oor Ny­a­ka­ne se skuif van los­kop- na vas­kop­stut. “Hy het teen een van die bes­te skrums in Su­per­rug­by ’n bril­jan­te ver­to­ning ge­le­wer,” het Marais ge­sê.

Dis te be­twy­fel of Ny­a­ka­ne dié week die be­gin­span teen die Poe­mas sal haal.

Sy werk­y­wer en veel­sy­dig­heid maak hom eg­ter ’n spe­ler wat met vrug in­ge­span kan word as daar op sy knop­pie ge­druk sou word.

Proud­foot het ge­sê dat Ny­a­ka­ne “’n on­ge­loof­li­ke span­man” is wat waar­de tot die groep voeg.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die veel­sy­di­ge voor­ry­man T­re­vor Ny­a­ka­ne oe­fen ver­le­de week met groot en­toe­si­as­me saam met die S­pring­bok­ke se uit­soek­groep in Port E­li­za­beth.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.