Rob­bie skop spe­ler per on­ge­luk, sê S­wys

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Hy is oor­tuig daar­van dat Rob­bie Coet­zee nie be­doel het om die Haaie se Ja­c­ques Ver­meu­len in die ge­sig te skop nie.

Só het S­wys de Bruin, die Goue Leeus se af­rig­ter, Sa­ter­dag­aand ge­sê na­dat dié voor­val sy span die Cur­rie­be­ker­stryd op El­lis­park ge­kos het.

“Net soos met K­wag­ga S­mith (voor­ver­le­de week) teen die Cru­sa­ders, kan dit nie aan swak dis­si­pli­ne toe­ge­skryf word nie,” sê De Bruin.

Coet­zee se voet het Ver­meu­len se kop ge­tref toe hy die Haaie se t­wee­de drie ge­druk het. Die skeids­reg­ter, E­gon Se­conds, as­ook die TV-skeids­reg­ter, Wil­lie Vos, het geen an­der keu­se ge­had nie as om die re­ël toe te pas en die Goue Leeus se ha­ker, met ’n half­uur se spel oor, van die veld te s­tuur.

In daar­die sta­di­um was die Leeus nog met 31-5 voor, maar dit het die deur vir die Haaie oop­ge­maak om 42 on­be­ant­woor­de pun­te aan te te­ken en een van die mees dramatiese te­rug­veg­po­gings in ja­re in Cur­rie­be­ker­rug­by te le­wer.

“Sa­ru (Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie) se re­ëls be­paal dat ek my nie mag uit­laat oor be­slis­sings op die veld nie. Ek het eint­lik nou al klaar té veel ge­sê,” het De Bruin ge­sê toe hy oor die rooi­kaart uit­ge­vra is.

Dit is nou die t­wee­de ag­ter­een­vol­gen­de week dat ’n rooi­kaart teen die Leeus ’n uit­wer­king op die uit­slag het.

Tog meen De Bruin dat swak dis­si­pli­ne nie ’n pro­bleem in sy span is nie.

“Jy kon sien dat Rob­bie pro­beer keer het dat hy kon­tak maak,” sê hy.

Se­conds, wat Ras­ta Ra­si­vhen­ge op kort ken­nis­ge­wing as skeids­reg­ter ver­vang het, het ook te ken­ne ge­gee dat dit nie op­set­lik was nie, maar dat hy geen an­der keu­se het as om die re­ël toe te pas nie.

“Dit het sleg ge­lyk op te­le­vi­sie,” het Ro­bert du P­reez, die Haaie se af­rig­ter, ná die voor­val ge­sê.

Hy was eg­ter maar net té bly dat dit hier­die keer nie weer sy span was wat aan die kort­ste ent van só ’n be­slis­sing ge­trek het nie.

Wat van­dees­week in ’n tug­ver­hoor teen Coet­zee sal tel, is dat dit nou al die t­wee­de rooi­kaart is wat hy in hier­die sei­soen ge­kry het.

In die Su­per-wed­stryd in Mei op El­lis­park het hy die Kings se flank Chris Cloe­te op­set­lik met die knie teen die kop ge­stamp. Sy re­kord gaan ge­wis teen hom ge­hou word en hy sal in al­le waar­skyn­lik­heid ’n ste­wi­ge boe­te op­ge­lê word.

Fo­to: GALLO IMAGES

Rob­bie Coet­zee, die Goue Leeus se ha­ker, Sa­ter­dag­aand teen die Haaie in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.