Meg­han het Har­ry se ou­ma glo al ont­moet

Beeld - - Voorblad - Ar­le­ne Prins­loo

Met be­spie­ge­lings by kook­punt dat prins Har­ry en die ak­tri­se Meg­han Mar­kle ver­loof gaan raak, blyk dit dat so ’n aan­kon­di­ging be­slis nie van­dag, op sy 33ste ver­jaar­dag, ge­maak gaan word nie.

Die paar­tjie gaan nie sy ver­jaar­dag saam deur­bring nie. Mar­kle

(36) is reeds te­rug in Toron­to, Ka­na­da, waar ver­fil­ming aan die TV­reeks Suits her­vat is, be­rig Va­ni­ty Fair.

Mar­kle en Har­ry het glo ver­le­de Sa­ter­dag sy ver­jaar­dag stil in Lon­den ge­vier. Mar­kle het in ’n on­der­houd in die Au­gus­tus-uit­ga­we van Va­ni­ty Fair o­pen­lik oor haar en die prins se ver­hou­ding ge­praat.

Ing­rid Se­ward, ’n ge­re­ken­de ko­nink­li­ke ken­ner en re­dak­teur van die tyd­skrif Ma­jesty, sê on­be­ris­pe­li­ke bron­ne het aan haar ge­sê Mar­kle is op Bal­mo­ral in die he­re­huis Birk­hall, prins C­har­les se tuis­te, aan die ko­nin­gin voor­ge­stel.

Mar­kle het prins C­har­les, Har­ry se pa, en sy stief­ma, Ca­mil­la, die her­to­gin van Corn­wal­lis, al ont­moet. Sy is ook vroeg in hul ver­hou­ding, wat vol­gens Mar­kle in Ju­lie 2016 be­gin het, aan Har­ry se broer, prins Wil­li­am, en sy vrou, Cat­her­i­ne, die her­to­gin van Cam­brid­ge, voor­ge­stel.

Meg­han Mar­kle

Prins Har­ry

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.