V­rien­de en kol­le­gas praat oor haar ver­jaar­dag

Beeld - - Voorblad - San­dra Prins­loo en Ma­ri­us Wey­ers in saam met John Ka­ni. Saam met Ma­ri­us in

Ma­ri­us Wey­ers (ak­teur) Ek glo vir geen oom­blik San­dra is 70 jaar oud nie. Eint­lik is sy maar nog ’n kui­ken. Ek is twee jaar ou­er as sy. San­dra is ’n baie, baie spe­si­a­le mens. Ek het die groot­ste be­won­de­ring vir haar pro­fes­si­o­na­li­teit en warm mens­lik­heid en om­gee vir al­mal, mens en dier. Sy is baie gas­vry met haar om­gee. En soos ek sê, om te dink ek, sy en E­vet­te is al in ons 70’s. Dis on­werk­lik en ’n bie­tjie laf. Hen­nie van G­reu­nen (ver­vaar­di­ger en re­gis­seur) San­dra is son­der twy­fel dié ak­tri­se van haar ge­ne­ra­sie. Sy het ’n deeg­li­ke be­sef van haar po­si­sie in die be­dryf, maar in re­pe­ti­sies is sy, soos al­le werk­lik ta­lent­vol­le spe­lers, son­der ego.

Ek en San­dra het saam­ge­werk aan Die naai­ma­sjien/The Se­wing Ma­chi­ne, Jan­ne­man, Die Leo’s en Vir e­wig en al­tyd.

’n Kort sto­rie om te ver­dui­de­lik: In 2012 ver­taal ek Ra­chel­le G­reeff se Die naai­ma­sjien en ek en San­dra en Je­an­ne, ons ver­hoog­be­stuur­der, vlieg E­din­burg toe vir ’n maand. Nou, ek het in daar­die sta­di­um reeds ’n pro­duk­sie E­din­burg toe ge­neem en weet pre­sies hoe on­ge­naak­baar en moei­lik dit is. Ek sê vir San­dra, ‘Jy moet be­sef, in SA het jy groot aan­hang, al­mal weet wie jy is, maar in E­din­burg is jy een van ’n paar dui­send ak­tri­ses op ’n pro­gram met meer as 2 500 shows.’

‘Kyk maar,’ sê San­dra.

Ons o­pen The Se­wing Ma­chi­ne en bin­ne die eer­ste paar shows kry ons net vyf­ster-re­sen­sies en vin­nig is die ver­to­ning uit­ver­koop – al­mal praat oor wat som­mi­ge re­sen­sen­te ‘the best actress at the fe­s­ti­val’ noem.

Want dis San­dra – sy spog nie, sy doen.

A­lexa S­tra­chan (ak­tri­se, ver­vaar­di­ger, fees­be­stuur­der van Aard­klop) Om kortliks te kyk na San­dra se loop­baan, is ook om kortliks te kyk na die to­ta­le mens – die een weer­spie­ël die an­der, die werk ver­tel ’n sto­rie van die mens se oor­tui­gings en le­wens­be­skou­ing, en deels daar­in dink ek lê iets van San­dra se suk­ses.

San­dra se vrees­lo­se vas­staan by waar­in sy glo, het vroeg al dui­de­lik ge­blyk.

Ek glo dat San­dra se to­ta­le ope ont­vank­lik­heid teen­oor die wê­reld en sy in­wo­ners be­lang­rik is – hier is ’n kuns­te­naar wat met deer­nis en wa­re be­lang­stel­ling werk.

Ook as re­gis­seur is dit ’n on­ge­loof­li­ke vol pro­ses, met aan­dag aan de­tail: van­af teks na ka­rak­ters na mu­siek.

Haar ver­moë om te bly ver­nu­we blyk dan ook in die men­se met wie sy haar om­ring. Reeds 20 jaar ge­le­de het sy al ge­sê dat sy daar­van hou om met “jong men­se” te werk, juis om­dat hul­le vars na din­ge kyk en e­ner­giek is. ’n Mens moet die vrou nie ver­veel nie, sy wil uit­ge­daag bly.

Toe ons be­gin werk het aan Ver­ge­noeg met haar ma-ka­rak­ter wat ter­mi­naal siek is, was haar eer­ste woor­de: ‘Ag he­mel, moet my as­se­blief tog net nie vir ’n uur lank in ’n bed laat lê en kerm nie, gee my ’n rol!’ John Ka­ni (ak­teur) Wat ’n ta­lent, wat ’n groot hart en wat ’n won­der­li­ke mens! San­dra Prins­loo is dap­per, in­tel­li­gent en het ’n sterk po­li­tie­ke be­wus­syn. Van die be­gin van ons vriend­skap en saam­werk, het ons die­self­de droom ge­had: van ’n nu­we en ’n be­ter SuidA­fri­ka.

Ek het vir San­dra die eer­ste keer in 1977 op die ver­hoog ge­sien in Ma­rat/Sa­de. Ek was ver­stom met hier­die beeld­sko­ne jong ak­tri­se wat ge­sê het pre­sies wat in my ge­moed om­ge­gaan het. Ek het be­sluit ons moet saam­werk. En ons het na­tuur- lik. Al­mal ont­hou ons twee in Miss Ju­lie van 1985. Ons het weer saam­ge­werk en on­langs weer saam in­ge­val in So ry Miss Dai­sy.

Ons ken mekaar so goed, dis as­of ons van la­er­skool af saam was, toe deur ho­ër­skool en u­ni­ver­si­teit tot by van­dag. Die Mann­heim­sa­ge. Mar­git Mey­er­R­ö­den­beck (ak­tri­se, ver­vaar­di­ger en ook be­kend as Dow­we Dol­la) San­dra Prins­loo 70? Tik my om met ’n veer.

Die vrou het die looks en die e­ner­gie wat ’n der­tig­ja­ri­ge haar sal be­ny.

Haar le­wens­lus is aan­steek­lik Twee gra­de van moord.

as dit kom by haar hon­de-kin­ders, haar rei­se na uit­hoe­ke van die aar­de, te­a­ter, kuns en na­tuur­lik ys­koue Fran­se sjam­pan­je.

Sy is ewe ge­mak­lik in sti­let­to’s op die ver­hoog as in haar plak­kies langs die Wes­kus.

Ons kan oor ho­ge­re boe­ke en kuns be­sin en ter­self­der­tyd som­mer lek­ker lag vir ’n ou plat­vloer­se grap­pie.

San­dra is nie vol airs en gra­ces nie, maar sy troon in uit­ge­le­se ge­sel­skap­pe uit.

In ons be­dryf praat die men­se nie van die X-fak­tor nie, maar wel van die San­dra-fak­tor. TV en flieks: Haar rol­le in K­no­wn Gods, Erf­son­des, Ko­nings, To­rings, Flui­ters en E­go­li het haar ’n huis­hou­de­li­ke naam ge­maak. In TV­flieks het sy hoof­rol­le ver­tolk in on­der meer Claws, An­na, Pa­se, Drie sus­ters en die so­lo­fliek The Hu­man Voi­ce, waar­voor sy ’n Ar­tes­prys van die SAUK ont­vang het. Op die ver­hoog:

Hed­da Ga­bler van Ib­sen. Kat­ha­ri­na (Vas­vat van ’n feeks) van S­ha­ke­spea­re.

Sy is een van die min ak­tri­ses ter wê­reld wat kan spog dat sy al drie die groot vrou­e­rol­le in T­sje­chof se Die see­meeu ver­tolk het in ver­skil­len­de sta­dia van haar loop­baan

Ma­ria S­tu­art deur F­rie­drich S­chil­ler.

Tie­mie in P.G. du P­les­sis se Sie­ner in die suburbs.

C­har­lot­te Cor­day in Ma­rat/Sa­de van die Duit­se dra­ma­turg Pe­ter Weiss, waar­mee die Mark­te­a­ter in 1976 o­pen en waar­voor sy die eens ge­sog­te Gal­le­ry Club­prys ont­vang.

San­dra staan ge­reed om die kom­plek­se rol van Nieu­Bet­hes­da se uil­vrou, He­len Mar­tins, in At­hol Fu­gard se The Ro­ad to Mec­ca vroeg vol­gen­de jaar in die Fu­gard­te­a­ter aan te pak. Pry­se vir ver­hoog­werk:

Van die ge­sog­tes is on­der an­de­re van M­NET (7), van Com­pu­tic­ket (6), Kan­nas van die KKNK (6), Fi­ës­tas van kykNET (6), van Dal­ro (4), van die koe­rant The S­tar To­nig­ht (4), van F­leur du Cap (2) en van die Aard­klop Na­si­o­na­le Kuns­te­fees (3). Re­gis­seur:

Sy het ook naam ge­maak as re­gis­seur van meer as 20 tref­fer­stuk­ke, soos die on­lang­se Ko­ö­pe­ra­sie­sto­ries wat tans van fees tot fees toer met groot na­me soos Chris van Nie­kerk en Mar­git Mey­er­R­ö­den­beck. On­der­houd­voer­der:

Sy het ver­skil­len­de ge­sels­pro­gram­me aan­ge­bied: Raak­Praat met San­dra op SABC2, San­dra op ’n draf­stap op kykNET, en die mis­daad­on­der­soek­pro­gram Voet­spo­re. Sy het as on­der­houd­voer­der met groot in­ter­na­si­o­na­le gees­te soos Tom Sel­leck, Liv Ul­l­mann en He­le­na Bon­ham Car­ter on­der­hou­de ge­voer. An­der toe­ken­nings:

■ Die Or­de van Ik­ha­man­ga wat in 2014 deur pres. Ja­cob Zu­ma aan haar toe­ge­ken is vir haar uit­mun­ten­de werk in die uit­voe­ren­de kuns­te.

■ So­we­to Blue Foun­tain Club vir haar by­drae tot die swart rol­prent­be­dryf.

■ Kan­se­liers­me­dal­je van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (haar al­ma ma­ter).

■ Vyf ver­e­rings vir le­wens­werk van die Kuns­en­kul­tuur­trust van SuidA­fri­ka, die KKNK se Kuns­te On­be­perk, die Suid­oos­ter­fees, die A­ka­de­mie vir We­ten­skap en Kuns en die Wes­Kaap­se re­ge­ring.

Fo­to: LIZA VAN DEVENTER

in die suburbs. Hond se ge­dag­te. Sie­ner Per­cy Sieff en San­dra in So ry Miss Dai­sy Die naai­ma­sjien. San­dra Prins­loo, ty­dens ’n vroe­ë­re on­der­houd by die KKNK.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.