San­ral ruim ver­war­ring uit die weg

Beeld - - Voorblad - – Fin24

Die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Pa­da­gent­skap (San­ral) het geen plan­ne om e-tol te skrap nie.

San­ral het dit gis­ter dui­de­lik ge­stel na­dat ver­war­ring ont­staan het toe The Ci­ti­zen be­rig het dié a­gent­skap het er­ken dat die pro­jek ’n mis­luk­king is.

The Ci­ti­zen het Dins­dag be­rig dat San­ral ’n brand­stof­hef­fing oor­weeg na­dat die mees­te Gau­teng­se mo­to­ris­te steeds wei­er om vir e-tol te be­taal.

Vu­si Mo­na, San­ral se woord­voer­der, sê brand­stof­hef­fings is nog die heel­tyd oor­weeg. “Dit is nie be­stem­pel as die bes­te fi­nan­sie­rings­mo­del vir die Gau­teng­deur­pad­ver­be­te­rings­pro­jek (GFIP) nie. Wat pla, is dat ’n brand­stof­hef­fing ’n re­gres­sie­we (te­rug­ke­ren­de) be­las­ting is wat ar­mes wan­pro­por­si­o­neel tref. Met e-tol is taxi’s en bus­se vry­ge­stel. Met ’n brand­stof­hef­fing is hul­le nie.”

Hy sê die in­stel van ’n pro­vin­si­a­le brand­stof­hef­fing sal moei­lik en duur wees om te ad­mi­nis­treer. Dit sal ook nie reg­ver­dig wees nie en mo­to­ris­te van an­der pro­vin­sies straf wat brand­stof in Gau­teng koop.

Ben T­heron, die Or­ga­ni­sa­sie teen Be­las­ting­mis­bruik (Ou­ta) se be­dryfs­hoof, sê San­ral s­tuur ge­meng­de sei­ne uit deur ’n her­nu­de veld­tog aan die gang te sit om ag­ter­stal­li­ge e-tol­geld in te sa­mel on­danks die uit­la­tings wat hy maak. “Na­dat hy die re­ge­ring oor­tuig het om dié swak na­ge­vors­te en ir­ra­si­o­ne­le ske­ma te aan­vaar, wend San­ral hom nou tot die re­ge­ring vir geld om hom uit die ge­mors te kry wat hy­self ge­skep het.”

Mo­na sê San­ral kan nie die be­sluit neem om e-tol te laat vaar nie.

“Die re­ge­ring het op tol be­sluit as die be­kos­tig­baar­ste, reg­ver­dig­ste en mees ge­lyk­ma­ti­ge ma­nier om die GFIP te fi­nan­sier.”

Hy sê son­der die tol­gel­d­in­kom­ste sal geld uit die staats­kas toe­ge­wys moet word om die ag­ter­stal­li­ge le­ning (vir die ver­be­te­rings) te be­taal.

Fin24 het vroe­ër be­rig dat die mees­te mo­to­ris­te in Gau­teng steeds nie e-tol be­taal nie, met San­ral wat ont­hul het dat mo­to­ris­te die af­ge­lo­pe 24 maan­de net so­wat 30% van re­ke­nin­ge be­taal het. Van die meer as 1,8 mil­joen re­ke­nin­ge wat in die af­ge­lo­pe vier maan­de uit­ge­reik is, is meer as 1,3 mil­joen (meer as 71%) nie be­taal nie.

Aan die ein­de van Maart ver­le­de jaar het wan­be­ta­lers San­ral reeds R7,2 mil­jard ge­skuld.

Mo­na sê die GFIP was be­stem om ’n drie­fa­se­pro­jek te wees, maar die toe­koms daar­van is in die ge­drang.

The Ci­ti­zen het ’n Sanral­be­amp­te naam­loos aan­ge­haal wat sê hul­le is on­der druk om te be­sluit hoe toe­koms­ti­ge pad­pro­jek­te ge­fi­nan­sier kan word soos wat die geld op­droog. Of dit nou deur tol of die staats­kas gaan wees, bly ’n ope de­bat, sê die be­amp­te.

Mo­na sê dat die mi­nis­ter van ver­voer, as ’n San­ral-be­lang­heb­ben­de, die na­si­o­na­le te­sou­rie mag na­der sou hy dit no­dig ag.

T­heron sê dit is in­te­res­sant dat San­ral voel dat sy gel­de­li­ke op­los­sings in die re­ge­ring se han­de lê. Die feit dat die te­sou­rie se spens by­na leeg is, sal San­ral se taak so­veel moei­li­ker maak.

Way­ne Du­ve­na­ge, voor­sit­ter van Ou­ta, be­vraag­te­ken waar­om San­ral steeds ’n duur li­ti­ga­sie­pro­ses dryf om mo­to­ris­te te dag­vaar wat na­laat om te be­taal vir ’n “ir­ra­si­o­ne­le ske­ma”.

“Hoe kan San­ral in die een a­sem sê dat die ske­ma feit­lik in duie ge­stort het en ’n nu­we fi­nan­si­ë­le op­los­sing ge­vind moet word, maar men­se dan wil dag­vaar om­dat hul­le nie die ske­ma ge­steun het wat van die be­gin af dood­ge­bo­re is nie?”

Mo­na sê ’n deur­lo­pen­de pro­ses van skuld­in­vor­de­ring en regs­pro­se­du­res is tans aan die gang om die ag­ter­stal­li­ge tol­geld in te sa­mel.

“Dui­sen­de dag­vaar­dings is be­dien,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.