Top­6 be­sin oor KZN

HOFUITSPRAAK Lei­ers­ver­kie­sing van­jaar ‘sal nie ont­wrig word’

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt en Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

Die ANC se top­ses sal van­dag in Jo­han­nes­burg met die K­waZu­luNa­tal­se ANC ver­ga­der na­dat die pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (PUK) daar on­grond­wet­lik ver­klaar is.

Ge­moe­de­re loop hoog on­der ANC­le­de in K­waZu­lu-Na­tal ná dié uit­spraak van die hoog­ge­regs­hof in Pie­ter­ma­ritz­burg vroe­ër van­dees­week.

Daar is blyk­baat ook groot span­ning tus­sen die “on­wet­ti­ge” PUK en die na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK).

Die ANC se top­ses is pres. Ja­cob Zu­ma, adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa, Ba­le­ka M­be­te, na­si­o­na­le voor­sit­ter van die par­ty, Z­we­li Mk­hi­ze, te­sou­rier-ge­ne­raal, G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris-ge­ne­raal, en Jes­sie Du­ar­te, ad­junk-se­kre­ta­ris-ge­ne­raal.

Zi­zi Kod­wa, ANC-woord­voer­der, het vroe­ër ge­sê die ANC in K­waZu­lu-Na­tal het voor­ty­dig aan­ge­kon­dig dat hy ap­pèl gaan aan­te­ken teen die be­vin­ding van die hoog­ge­regs­hof.

’n Be­sluit daar­oor sal deur die par­ty se na­si­o­na­le lei­ers­korps ge­neem word, het Kod­wa ge­sê.

Die aan­soek by die hoog­ge­regs­hof is in Mei ver­le­de jaar in­ge­dien deur La­wren­ce Du­be, ’n ANC-raads­lid, en nog vier raads­le­de na­dat Sen­zo M­chu­nu op die ANC-kon­fe­ren­sie in K­waZu­lu-Na­tal as pro­vin­si­a­le voor­sit­ter uit­ge­stem en deur Sihle Zi­ka­la­la ver­vang is.

Die ap­pli­kan­te het aan­ge­voer die kon­fe­ren­sie is te vroeg ge­hou.

Dit was glo ook deur­spek met on­re­ël­ma­tig­he­de en die uit­slae is glo ge­ma­ni­pu­leer. Zi­ka­la­la het 780 stem­me ge­kry en M­chu­nu 675 stem­me. 1 459 af­ge­vaar­dig­des het ge­stem.

Mk­hi­ze het gis­ter ge­sê die hofuitspraak het die ver­deeld­heid in die par­ty weer­spie­ël.

Hy het ook kri­tiek ge­had op die ver­suim van die ANC se na­si­o­na­le lei­ers­korps om in te gryp voor­dat die saak in die hof be­land het.

Mk­hi­ze was gis­ter ’n spre­ker op die Sui­der-A­fri­kaan­se me­taal- en in­ge­ni­eursin­da­ba wat in Sand­ton ge­hou is.

Oor ge­rug­te dat die ANC se na­si­o­na­le ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie wat in De­sem­ber in Jo­han­nes­burg plaas­vind weens die pro­ble­me in K­waZu­lu-Na­tal moont­lik uit­ge­stel sal moet word, het Mk­hi­ze ge­sê dis on­waar.

Die NUK sal se­ker maak hul be­sluit raak die ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie nie ne­ga­tief nie.

“Ons sal doen wat no­dig is so­dat die na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie nie ont­wrig word nie,” sê hy.

Mk­hi­ze het Suid-A­fri­ka­ners ver­se­ker die par­ty sal in De­sem­ber nu­we lei­ers kies.

K­waZu­lu-Na­tal le­wer ge­woon­lik die mees­te af­ge­vaar­dig­des na so ’n kon­fe­ren­sie op.

Die ANC-jeug­li­ga en -vrou­e­li­ga het die uit­spraak eer­gis­ter ver­werp en vol­ge­hou dat Zi­ka­la­la die pro­vin­si­a­le lei­er is.

Die li­gas het hul kom­mer uit­ge­spreek oor die na­si­o­na­le lei­ers­korps se skyn­ba­re on­ver­moë om die fak­sie­stru­we­lin­ge in die pro­vin­sie suk­ses­vol te ta­kel.

Mk­hi­ze het ge­sê hul­le steun steeds ’n kom­mis­sie van on­der­soek na be­we­rings teen die Gup­tas.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Zi­zi Kod­wa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.