‘Lei­er moet in Je­sus se spo­re volg’

Beeld - - Nuus - Can­di­ce Be­zui­den­hout

’n By­bel waar­in daar “nê­rens staan dat ’n lei­er uit sy amp ver­wy­der word nie” is die By­bel waar­in hy glo, sê pres. Ja­cob Zu­ma.

Zu­ma het gis­ter in Port E­li­za­beth ’n ska­re van so­wat 1 000 on­der­steu­ners in New B­rig­h­ton toe­ge­spreek ná ’n ver­ga­de­ring met gees­te­li­ke lei­ers van die ge­bied.

Sy ver­ga­de­ring met die In­ter­de­no­mi­na­ti­o­nal A­fri­can Mi­nis­ters’ As­so­ci­a­ti­on of South A­fri­ca (I­da­ma­sa) het ag­ter ge­slo­te deu­re plaas­ge­vind.

Vol­gens Zu­ma het een van die pas­to­re vir hom ge­sê nê­rens in die By­bel staan daar ge­skryf dat ’n lei­er uit sy amp ver­wy­der word nie.

“Ek glo in daar­die By­bel. Dit is my By­bel en as ’n lei­er moet ’n mens volg in die voet­spo­re van Je­sus,” sê hy.

Hy het ge­sê die pas­to­re van I­da­ma­sa het ook aan hom ge­sê hul­le het sla­pe­lo­se nag­te van­dat die ANC be­heer oor die me­tro ver­loor het.

Hul­le is glad nie ge­luk­kig in Port E­li­za­beth on­der die DA-be­wind nie.

On­der toe­jui­ging het die pre­si­dent die ge­hoor aan­ge­sê om die me­tro “te­rug te neem in die ANC se han­de”.

I­da­ma­sa is ’n groep lei­ers van ver­skil­len­de de­no­mi­na­sies wat des­tyds teen die a­part­heids­re­ge­ring ge­kant was.

Zu­ma en I­da­ma­sa het die moont­lik­heid be­spreek dat die ver­e­ni­ging sy kan­to­re na die ont­sla­pe vry­heids­veg­ter O.R. Tam­bo noem.

Die ge­bou in Grat­tan­straat in New B­rig­h­ton is in die 1980’s deur Tam­bo ge­skenk, maar dit is in­tus­sen af­ge­skeep en het bou­val­lig ge­word.

Fo­to: CAN­DI­CE BE­ZUI­DEN­HOUT

Nee, ek hens­op nie, ek groet . . . Pres. Ja­cob Zu­ma wuif vir op­ge­won­de on­der­steu­ners in New B­rig­h­ton, Port E­li­za­beth, waar hy die gis­ter die In­ter­de­no­mi­na­ti­o­nal A­fri­can Mi­nis­ters’ As­so­ci­a­ti­on of South A­fri­ca (I­da­ma­sa) se kan­to­re be­soek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.