‘Hul­le gaan my steeds aan­kla’, sê K­ho­za

Beeld - - Nuus - – Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

Die ANC-LP dr. Mak­ho­si K­ho­za sê sy gaan steeds on­der­werp word aan ’n tug­pro­ses, al is die par­ty se pro­vin­si­a­le lei­ers­korps in K­waZu­lu-Na­tal in­ge­vol­ge ’n be­slis­sing van die hoog­ge­regs­hof in Pie­ter­ma­ritz­burg on­gel­dig ver­klaar.

“Hul­le het ge­sê hul­le gaan voort om my aan te kla, al is hul­le on­wet­tig daar,” het sy gis­ter op die Sui­der-A­fri­kaan­se me­taal­en in­ge­ni­eursin­da­ba in Sand­ton, Jo­han­nes­burg, ge­sê.

K­ho­za sê sy en haar pro­ku­reur be­spreek nou dié ver­wik­ke­ling.

Die hof het Dins­dag be­slis die ANC in K­waZu­lu-Na­tal se ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie in 2015 was on­wet­tig.

Dié pro­vin­si­a­le tak be­skul­dig K­ho­za daar­van dat sy die par­ty in on­eer ge­bring het toe sy in Au­gus­tus in die o­pen­baar ge­sê het pres. Ja­cob Zu­ma moet be­dank te mid­de van be­we­rings van kor­rup­sie en twy­fel­ag­ti­ge ban­de met die Gup­tas.

K­ho­za het ook na be­we­ring an­der ANC-LP’s pro­beer oor­tuig om die mo­sie van wan­troue in Zu­ma op 8 Au­gus­tus te steun.

K­ho­za het die ANC ge­kri­ti­seer om­dat hy nie kor­rup­sie ta­kel nie.

Sy het aan die af­ge­vaar­dig­des op die in­da­ba ge­sê e­ko­no­mie­se groei word ge­knel om­dat die­ge­ne wat by kor­rup­sie be­trek word nie daar­voor aan­spreek­lik ge­hou word nie.

Dié in­da­ba is juis daar­op ge­mik om die ver­vaar­di­gings­be­dryf vir die me­taal­sek­tor en in­ge­ni­eurs­we­se ’n hup­stoot te gee.

Dr. Mak­ho­si K­ho­za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.