SA man praat uit Lon­den

Beeld - - VOORBLAD - – Reuters

Die bal­lis­tie­se mis­siel wat Noord-Ko­rea gis­ter­og­gend oor Ja­pan af­ge­vuur het, het so ver ge­trek, dit kon net so­wel op die A­me­ri­kaan­se ei­land Gu­am ge­val het.

Gu­am, die naas­te A­me­ri­kaan­se grond­ge­bied aan Noord-Ko­rea, is in laas­ge­noem­de se vi­sier om­dat hy die VSA as vy­and nom­mer een be­stem­pel.

Die mid­del­af­stand­mis­siel is van­af P­jong­jang ge­lan­seer in o­ën­skyn­li­ke re­ak­sie op nog sank­sies wat Maan­dag deur die Ver­e­nig­de Na­sies goed­ge­keur is. Die straf­maat­re­ëls het ge­volg op Noor­dKo­rea se ses­de en heel groot­ste kern­bom­toets op 3 Sep­tem­ber.

Dié land het eer­gis­ter in re­ak­sie ge­dreig om Ja­pan “in die see te laat weg­sink” en om die VSA tot “as en don­ker­te” te ver­nie­tig.

T­sjoe Kang Il, Noord-Ko­rea se ad­junk-di­rek­teur-ge­ne­raal van A­me­ri­kaan­se sake, het in Bei­jing aan die Ja­pan­se uit­saai­er NHK ge­sê die lan­se­ring was “’n nor­ma­le stap in die ont­wik­ke­ling van ons kern­af­skrik­mid­dels”.

Die mis­siel is 06:57 af­ge­vuur, het tot op ’n hoog­te van 770 km ge­styg en oor die noor­de­li­ke Ja­pan­se ei­land Hok­kai­do ge­trek voor­dat dit in die S­til­le O­se­aan ge­val het.

Dit het 3 700 km ver ge­vlieg. Gu­am is so­wat

3 400 km van Noord-Ko­rea af.

Dié land het van­jaar al tien­tal­le bal­lis­tie­se mis­sie­le ge­lan­seer, on­der meer een ver­le­de maand wat ook vroeg­og­gend oor Hok­kai­do ge­trek het.

Suid-Ko­rea het in re­ak­sie la­ter gis­ter­og­gend sy eie bal­lis­tie­se mis­siel af­ge­vuur so­dat dit in die Oos­see, ook be­kend as die See van Ja­pan, neer­stort.

Be­leg­gers het nie juis op gis­ter se voor­val ge­re­a­geer nie en die mark­te het sta­biel ge­bly – ’n aan­dui­ding dat hul­le be­sig is om ge­woond te raak aan Noord-Ko­rea se swaard­ge­klet­ter en oor­dre­we, ver­ont­waar­dig­de ver­kla­rings.

Ro­bert Wood, die VSA se ont­wa­pe­nings­am­bas­sa­deur, sê hul­le sal eers “al­le di­plo­ma­tie­ke op­los­sings uit­put” voor­dat hul­le ’n mi­li­tê­re op­sie sal oor­weeg. “Maar dit sal wel nie van die ta­fel ge­haal word nie.”

Die mark­te is al ge­woond aan Noor­dKo­rea se swaard­ge­klet­ter en oor­dre­we ver­kla­rings.

Fo­to: GETTY IMAGES

’n H­joen­moe 2­ bal­lis­tie­se mis­siel word gis­ter­og­gend deur SuidKo­rea ge­lan­seer in re­ak­sie op sy noor­de­li­ke buur­man se jong­ste stap teen die nu­we sank­sies wat Maan­dag teen hom in­ge­stel is.

Fo­to: REUTERS

Men­se stap ver­by ’n reu­se­in­lig­tings­bord in O­sa­ka, Ja­pan, waar­op die tra­jek van die Noord­Ko­re­aan­se mis­siel aan­ge­dui word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.