Kik­ker ska­du­kol­le op met cli­vi­as se kleur

Cli­vi­as se groen loof is heel­jaar ’n ba­te in die tuin en hul hel­der o­ran­je en geel blom­me in die len­te en prag­ti­ge kleur­ska­ke­rings van sa­de in die herfs en win­ter bly ’n skou­spel.

Beeld - - VOORBLAD - FELICITY WEEDEN @Leef­styl24

Hel­der van­dees­maand daar­die ska­du­ge­deel­tes in jou tuin waar min plan­te wil groei, op met prag­ti­ge in­heem­se cli­vi­as.

Cli­vi­as kan ook in hou­ers in die huis ge­groei word, maar ver­my eg­ter ven­sters met vol­son. Hul­le kom ook met min wa­ter klaar.

Die be­lang­rik­ste as­pek wan­neer cli­vi­as ge­plant word, is om te sorg vir goeie drei­ne­ring.

Dit kan be­reik word deur ty­dens die voor­be­rei­ding van die grond groot hoe­veel­he­de goed ver­rot­te mis of kom­pos by te voeg. Maak ook se­ker dat wa­ter kan weg­loop en dat plan­te nie in hol­tes staan waar wa­ter op­dam nie.

Maak se­ker dat die plan­te baie min reg­streek­se of ge­de­flek­teer­de son­lig kry. Ef­fen­se son­lig vroeg­og­gend of laat­mid­dag kan ver­dra word. So­dra hier­die plan­te se bla­re be­gin geel word, is dit ’n te­ken van te veel son.

Daar is dees­dae baie kleur­ska­ke­rings in cli­vi­as se blom­me be­skik­baar. Dit wis­sel van lig tot don­ke­ro­ran­je en o­ran­je­rooi, lig tot don­ker­brons, na­by wit tot goud­geel, per­ske, pienk en die mees ge­sog­te is die groen cli­via, wat “Hi­rao” ge­noem word.

Blom­blaar-va­ri­a­sies kom ook voor van smal tot breed.

Ver­al die C­hi­ne­se kweek cli­vi­as met be­son­der­se plant­blaar­vorms, bla­re tot so breed as 15 cm, bont bla­re en wat hul­le noem “Lig van Boed­dha” en “A­ke­bo­no”.

Met al hier­die op­sies sal daar ver­se­ker iets wees waar­van ie­mand sal hou.

Ge­du­ren­de Sep­tem­ber word cli­via-klubs se skoue land­wyd ge­hou. Die eer­ste skou is aan die be­gin van die maand in P­re­to­ria ge­hou en die laas­te skou van die O­ver­berg is op Her­ma­nus en vind op 29 en 30 Sep­tem­ber plaas.

Bloem­fon­tein se cli­vi­as­kou duur tot mô­re by F­leur­dal Mall. Toe­gang is gra­tis.

Vir nog in­lig­ting oor die land­wye skoue raad­pleeg cli­vi­a­so­cie­ty.org. Of bel Felicity Weeden by 028 316 3092 of Sak­kie Nell by 012 361 6415.

Cli­vi­as soos hier­die veel­vul­di­ge­blom­blaar­cli­via, le­wer el­ke Sep­tem­ber ’n prag­ti­ge ver­to­ning in die tuin.

Groen­keel­mi­ni­a­ta is een van die prag­ti­ge geel­e­no­ran­je cli­via­va­ri­ë­tei­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.