Kyk wie brul al vir 21 jaar

Beeld - - VOORBLAD - Chris­to Bu­ch­ner

Mu­fa­sa word van­dag mon­dig. Dié gelukbringer van die Goue Leeus se rug­by­span hou van­dag groot par­ty­tjie op El­lis­park met die Cur­rie­be­ker-rug­by­stryd teen die Blou Bul­le.

Die 56-ja­ri­ge Brak­pan­ner Lu­kas Fou­ché leef hom al die af­ge­lo­pe 21 jaar in die ka­rak­ter van Mu­fa­sa in en het hom ge­ves­tig as die ko­ning van die Leeu­kuil.

Al­les het vir hom in 1996 be­gin, toe ’n vriend van hom ge­vra het of hy nie net vir een wed­stryd wou in­staan in die leeu­pak nie.

“My pêl moes daar­die dag na ’n troue toe gaan. Ek het vir hom ge­sê daar is geen ma­nier dat ek my naam so gat maak deur in daar­die uit­rus­ting te klim wat lyk soos die leeu op ’n aar­tap­pel­sky­fie-pak­kie nie.

“Hy het vir my ge­sê jy word R100 be­taal daar­voor en dat jy ná die wed­stryd die spe­lers kan ont­moet.

“Om die spe­lers te kon ont­moet, het dit vir my ge­swaai,” ver­tel Fou­ché.

“Ek het ty­dens die wed­stryd so ’n paar snaak­se Ara­bier­spron­ge uit­ge­voer en die vol­gen­de week is ek saam met my pêl El­lis­park toe om my geld te gaan haal.

“Daar het Lou­is Luyt jnr., wat die be­mar­king ge­doen het, ge­sê my pêl is ge­fi­re en dat ek voort­aan Mu­fa­sa moet wees. Hy het my sa­la­ris ook ver­dub­bel en ek het daar­na R200 per wed­stryd ge­kry,” sê hy.

“Ek is aan­vank­lik maar stief be­han­del en moes voor el­ke wed­stryd som­mer in ’n stoor­ka­mer aan­trek. Dees­dae het ek my eie kleed­ka­mer.

“Die uit­rus­ting het ook oor die ja­re ver­an­der. Die Mu­fa­sa­pak is eint­lik heel swaar en met el­ke wed­stryd ver­loor ek tus­sen twee en drie ki­lo­gram.

“Toe die Cats Su­per­rug­by ge­speel het, was dit ’n rub­ber­pak en jy het woes ge­sweet. ’n Slag of wat het ie­mand my al moes uit­help wan­neer ek nie be­skik­baar was nie en die eer­ste keer wou ek om­trent flou word.”

Fou­ché ver­tel hy kyk deur die mond van Mu­fa­sa en het ton­nel­vi­sie deur­dat hy net voor hom kan sien en niks wat aan die kan­te van hom ge­beur nie.

“Ek is ’n paar maal deur dronk toe­skou­ers ge­duik wat ek nie eers ge­sien kom het nie. Die een keer is ek só hard ge­duik dat ek ’n week daar­na nog ’n hoof­pyn ge­had het,” ver­tel hy.

Fou­ché sê wat hom die mees­te be­vre­di­ging gee, is om die glim­lag­te op kin­ders se ge­sig­te te sien wan­neer hul­le in aan­ra­king kom met Mu­fa­sa.

“Dan is die vroue ook na­tuur­lik mal oor Mu­fa­sa en wil hom net druk­kies gee. Hul­le dink se­ker daar is ’n sexy jong ou­tjie in daar­die uit­rus­ting.

“So­lank my ge­sond­heid hou, sal ek aan­gaan met hier­die rol. Dit kan met tye uit­put­tend raak, en dus gaan ek maar gim toe om fiks te pro­beer bly.”

Met die Su­per­rug­by-eind­stryd vroe­ër van­jaar het sy mo­tor op pad ge­breek en moes sy seun toe vir hom in­staan as Mu­fa­sa.

“Ook maar goed so, want as ek daar was, sou ek dalk vir Jaco Pey­per (die skeids­reg­ter) wou aan­rand.

“Ek word nie deur die Leeus voor­ge­skryf oor wat ek kan doen nie, so­lank dit na­tuur­lik net bin­ne per­ke en die re­ëls is,” ver­tel hy.

“Oor die ja­re heen het ek al van die voor­ste spe­lers hier by ons en ook in­ter­na­si­o­na­le ster­re ont­moet. Lof­fie Eloff en Jo­han Ac­ker­mann was die af­rig­ters wat baie meer in­ter­ak­sie tus­sen my en die spe­lers ge­bring het.

“My hoog­te­punt was toe die Leeus in 2011 die Cur­rie­be­ker op El­lis­park ge­wen het deur die Haaie te klop.

“Ek het daar­die dag ook een van die sil­wer be­kers ont­vang wat die spe­lers ge­kry het.

“Ek gaan dalk nou win­tie klink, maar ek is die baas van al die ge­luk­brin­gers. As die jong ou­tjies by die an­der u­nies my be­taal, sal ek hul­le wen­ke gee.

“My bood­skap vir hul­le is om op te hou om Mu­fa­sa te wil naaap en hul eie i­ni­si­a­tief te ge­bruik.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Bo: Mu­fa­sa by ’n Cur­rie­be­ker­wed­stryd op El­lis­park.

Fo­to: VER­SKAF

Regs: Lu­kas Fou­ché, be­ter be­kend as die Leeus se gelukbringer, met die Cur­rie­be­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.